2 Mei
datum
(Aangestuur vanaf 05-02)
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
2 Mei is die 122ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (123ste in skrikkeljare). Daar volg nog 243 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 1312 – Pous Clemens V publiseer sy bul Ad Providam waarin hy die besittings van die Tempeliers oordra aan die Hospitaalridders.
- 1368 – In die tweede oorlog tussen die Hansa en Denemarke, verower die vloot van die Hansa en 2000 soldate die stad Kopenhagen en vernietig die stad.
- 1444 – Pous Eugenius IV bevorder Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) tot kardinaal.
- 1568 – Maria I van Skotland ontsnap van die kasteel op Loch Leven.
- 1598 – Vrede van Vervins: Frankryk en Spanje sluit vrede en beëindig Phillip II se deelname aan die Hugenote-oorlog.
- 1668 – Ondertekening van die Vrede van Aken, daarmee kom die Devolusieoorlog tussen Frankryk en Spanje tot 'n einde.
- 1670 – Koning Karel II van Engeland stig vir die pelshandel in Noord-Amerika die Hudson's Bay Company.
- 1672 – John Maitland word die hertog van Lauderdale en graaf van Maart.
- 1808 – Skiereilandoorlog: Die opstand van Dos de Mayo (El Levantamiento del Dos de Mayo). Die burgers van Madrid kom in opstand teen die Napoleontiese besettingsmag.
- 1816 – Leopold van Saxe-Coburg en Charlotte Augusta trou.
- 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Slag van Chancellorsville eindig, met die nederlaag van die Potomac-weermag onder Generaal Joseph Hooker.
- 1885 – Good Housekeeping-tydskrif te koop vir die eerste keer.
- 1885 – Die Congo Free State gevestig deur Koning Leopold II van België.
- 1889 – Menelik II, Keiser van Ethiopië, teken 'n verdrag met Italië, wat Ethiopië beheer gee oor Eritrea.
- 1900 – Oscar II van Swede gee sy ondersteuning aan Groot-Brittanje tydens die Boere-oorlog.
- 1926 – 'n Burgeroorlog breek uit in Nicaragua.
- 1933 – Die eerste waarneming van die Loch Ness-monster gerapporteer.
- 1933 – Adolf Hitler verban werkersunies.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Sowjetunie kondig die val van Berlyn aan. Sowjetsoldate hys die rooi vlag oor die Reichstag-gebou. Duitse magte gee oor in Italië.
- 1952 – Die De Havilland Comet vlieg as eerste passasiersvliegtuig met straalenjins vir die BOAC van Londen na Johannesburg.
- 1953 – Troonbestyging van die konings Faisal II van Irak en Hoessein van Jordanië. Albei is kleinkinders van die voormalige koning van Mekka.
- 1955 – Tennessee Williams wen die Pulitzerprys vir Drama vir Cat on a Hot Tin Roof.
- 1966 – Upper Hutt in Nieu-Seeland word as 'n stad geproklameer.
- 1969 – Die Britse skip RMS Queen Elizabeth 2 vertrek op sy eerste vaart na New York.
- 1982 – Die HMS Conqueror sink die Argentynse skip ARA General Belgrano gedurende die Falkland-oorlog.
- 1984 – Sunday in the Park with George open in Broadway.
- 1986 – Die radioaktiewe wolk van die Tsjernobil-kernramp van 26 April 1986 trek oor België en Nederland.
- 1988 – Die laaste Rockwell B-1 Lancer word afgelewer.
- 1989 – Hongaarse soldate begin met die sloping van die "Ystergordyn" tussen Hongarye en Oostenryk. Alle grensversperrings word afgebreek.
- 1990 – Tydens 'n ontmoeting in Kaapstad kom die Suid-Afrikaanse Staatspresident Frederik Willem de Klerk en Nelson Mandela ooreen om die beleid van Apartheid af te skaf.
- 1990 – Die skrywer Árpád Göncz (68), word deur die Hongaarse parlement aangestel as die voorsitter en interim-president van die republiek.
- 1997 – Tony Blair word Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en beëindig daarmee 18 jaar van die Konserwatiewe Party-regering. Op 44 is hy die jongste eerste minister in 185 jaar.
- 2000 – Bill Clinton kondig aan dat toegang tot GPS, soortgelyk aan dié van die Amerikaanse militêre stelsel, beskikbaar sal word vir die publiek.
- 2011 – Osama bin Laden, die leier van die terreurorganisasie Al Qaida, word in 'n huis in Abbottabad, Pakistan deur Amerikaanse soldate doodgeskiet.
- 2012 – In Viëtnam word Thủ Dầu Một tot 'n stad verklaar.
Geboortes
wysig- 1729 – Keiserin Katharina II van Rusland († 1796).
- 1772 – Novalis, Duitse digter († 1801).
- 1846 – Zygmunt Noskowski, Poolse komponis en dirigent († 1909).
- 1860 – Theodor Herzl, Joods-Oostenrykse joernalis, uitgewer en stigter van die Sionisme († 1904).
- 1885 – Hedda Hopper, Amerikaanse aktise en joernalis († 1966).
- 1891 – Genl. Sir Pierre van Ryneveld, (KBE, CB, DSO, MC) Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder en vlieënier († 1972).
- 1892 – Manfred von Richthofen, Duitse vegvlieënier. Die Rooi Baron-vlieënier († 1918).
- 1912 – Nigel Patrick, Engelse akteur († 1981).
- 1921 – Satyajit Ray, Indiese rolprentvervaardiger († 1992).
- 1925 – Roscoe Lee Browne, Amerikaanse akteur († 2007).
- 1929 – Jigme Dorji Wangchuck, 3de koning van Bhutan († 1972).
- 1935 – Koning Faisal II van Irak († 1958).
- 1936 – Engelbert Humperdinck, Amerikaanse sanger.
- 1941 – Stephen J. Cannell, rolprentvervaardiger.
- 1942 – Jacques Rogge, Belgiese ortopediese chirurg en agste president van die Internasionale Olimpiese Komitee († 2021).
- 1946 – David Suchet, Engelse verhoog- en televisie-akteur.
- 1946 – Lesley Gore, Amerikaanse sangeres († 2015).
- 1952 – Christine Baranski, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1969 – Brian Lara, Trinidadse krieketspeler.
- 1972 – Die Rock, WWE professionele stoeier en akteur.
- 1975 – David Beckham, Engelse sokkerspeler.
- 1978 – Hykie Berg, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1987 – Sexy Cora, Duitse pornografiese aktrise († 2011).
- 2015 – Prinses Charlotte van Wallis, dogter van William, Prins van Wallis, en 'n Britse troonopvolger.
Sterftes
wysig- 1519 – Leonardo da Vinci, Italiaanse wetenskaplike, wiskundige, ingenieur, uitvinder, skilder, beeldhouer, argitek, musikant en skrywer (* 1452).
- 1844 – William Thomas Beckford, Engelse roman- en reisskrywer (* 1760).
- 1864 – Giacomo Meyerbeer (72), Joods-Duitse komponis en dirigent (* 1791).
- 1972 – J. Edgar Hoover, Amerikaanse direkteur van die FBI (* 1875).
- 1995 – Michael Hordern, Engelse akteur (* 1911).
- 1997 – John Carew Eccles, Australiese Nobelpryswenner.
- 1999 – Oliver Reed, Britse akteur (* 1938).
- 2011 – Osama bin Laden, Arabiese terroris en stigter van al-Kaïda (* 1957).[1]
- 2016 – Nelie Smith, Springbokrugbyspeler en die een-en-dertigste Springbokkaptein (* 1934).