28ste Parlement van Suid-Afrika
Die 28ste Suid-Afrikaanse Parlement is die sewende Parlement van Suid-Afrika wat byeenkom sedert die instelling van nie-rassige regering in Suid-Afrika in 1994. Dit is verkies tysens die algemene verkiesing van 29 Mei 2024 en bestaan uit die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies. Die Nasionale Vergadering het 400 lede, terwyl die Nasionale Raad van Provinsies 90 lede het.
Parlementslede is op 14 Junie 2024 ingesweer. Die 28ste Parlement het eers op 14 Junie 2024 vergader om Cyril Ramaphosa as president van Suid-Afrika te herkies.
Agtergrond
wysigHoofartikels:ː Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 en Kabinet van Cyril Ramaphosa, Junie 2024
Leierskap
wysigOp 10 Junie het hoofregter Raymond Zondo verklaar dat die eerste sitting van die nuwe Nasionale Vergadering op 14 Junie sal plaasvind, waartydens verkiesings vir parlementêre speaker en president gehou sal word.[1] Die sitting het soos geskeduleer verloop, met die ANC se Thoko Didiza wat tot parlementêre speaker verkies is nadat sy die EFF se Veronica Mente met 284 stemme teen 49 verslaan het.[2][3][4] Dieselfde dag sou die Nasionale Vergadering Ramaphosa tot president van Suid-Afrika herkies nadat hy Julius Malema, leier van Ekonomiese Vryheidsvegters, met 283 stemme teen 54 verslaan het.[5][6] Die DA se Annelie Lotriet is tot Adjunk-speaker verkies nadat sy die Afrika-transformasiebeweging se Vuyo Zungula met 273 stemme teen 54 verslaan het.[7] Lotriet het die eerste nie-ANC-lid geword wat die posisie van Adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering beklee sedert Bhadra Ranchod,[8] wat tussen 1994 en 1996 as Adjunkspeaker gedien het.[9]
Nasionale Vergadering
wysig- President: Cyril Ramaphosa, ANC
- Adjunkpresident:
- Speaker: Thoko Didiza, ANC
- Adjunkspeaker: Annelie Lotriet, DA
- Voorsitter van komitees -
- Leier van staatsbesigheid -
- Regeringshoofsweep - Mdumiseni Ntuli, ANC
- Adjunk-regeringshoofsweep -
- Leier van die opposisie -
- Amptelike opposisie hoofsweep -
Nasionale Raad van Provinsies
wysig- Voorsitter - Refilwe Mtsweni-Tsipane, ANC
- Ondervoorsitter -
- Regeringshoofsweep - Kenny Mmoiemang, ANC
- Leier van die opposisie –
Setels in die Nasionale Vergadering
wysigNasionale Vergadering Setels[10]
Party | % | Setels | +/- |
---|---|---|---|
ANC | 40,18 | 159 | 71 |
DA | 21,81 | 87 | 3 |
MK | 14,58 | 58 | Nuut |
EFF | 9,52 | 39 | 5 |
IVP | 3,85 | 17 | 3 |
PA | 2,06 | 9 | 9 |
VF+ | 1,36 | 6 | 4 |
ActionSA | 1,20 | 6 | Nuut |
ACDP | 0,6 | 3 | 1 |
UDM | 0,49 | 3 | 1 |
ATM | 0,40 | 2 | 0 |
Al Jama-ah | 0,24 | 2 | 1 |
BOSA | 0,41 | 2 | Nuut |
NCC | 0,23 | 2 | Nuut |
RISE Mzansi | 0,42 | 2 | Nuut |
GOOD | 0,18 | 1 | 1 |
PAC | 0,23 | 1 | 0 |
UAT | 0,22 | 1 | Nuut |
Verwysings
wysig- ↑ "South Africa's new parliament to convene Friday as parties scramble to form coalition government". VOA News (in Engels). 10 Junie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2024. Besoek op 10 Junie 2024.
- ↑ Ensor, Linda (14 Junie 2024). "BREAKING NEWS: Didiza elected Speaker of National Assembly". BusinessLIVE (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
- ↑ Lekabe, Thapelo. "UPDATE: Thoko Didiza elected National Assembly Speaker, defeats EFF's Veronica Mente". City Press (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
- ↑ Vacchiatto, Paul (14 Junie 2024). "South African Lawmakers Pick ANC's Didiza as Parliament Speaker". Bloomberg News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
- ↑ "Cyril Ramaphosa re-elected South African president". BBC News. 14 Junie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
- ↑ "South Africa's National Assembly re-elects Cyril Ramaphosa as president". Reuters. 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
- ↑ Thale, Neo (14 Junie 2024). "BREAKING: DA's Annelie Lotriet is the new deputy speaker of Parliament". The South African (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
- ↑ Dentlinger, Lindsay (14 Junie 2024). "DA's Lotriet pitted against ATM's Zungula for Deputy Speaker". Eytewitness News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
- ↑ "Former Presiding Officers". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
- ↑ "Sun sets on 2024 elections". SA News.