Achalasie
Achalasie van die slukderm ontstaan wanneer daar 'n afname in spierkontraksies van die onderste twee derdes van die slukderm ontstaan. Die afname in die spierkontraksies is as gevolg van die degenerasie van spier senuwees van die slukderm. Achalasie van die slukderm begin gewoonlik wanneer pasiënte tussen vyf-en-twintig en sestig is.
Achalasie | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
X-straalfoto wat Achalasie toon. | ||
ICD-10 | K22.0 | |
ICD-9 | 530.0 | |
OMIM | 200400 | |
DiseasesDB | 72 | |
MedlinePlus | 000267 | |
eMedicine | radio/6med/16 | |
MeSH | C06.405.117.119.500.432 | |
Mediese waarskuwing |
Tydsverloop van Achalasie van die slukderm
wysigAanvanklik ervaar pasiënte moeite om te sluk wat stelselmatig erger word soos wat tyd verloop. Waar dit aanvanklik net moeilik is om vaste kos te sluk, word dit later ook moeilik om vloeistowwe te sluk.
Pasiënte sukkel dikwels met borskaspyn en opbrengs van kos en vloeistowwe in die slukpyp (veral snags). Hierdie opstoting van kos en vloeistowwe, kan ook in 'n hoes omskakel omdat kosdeeltjies in die longe kan beland en selfs longinfeksies of -skade kan veroorsaak.
Mettertyd verloor pasiënte gewig.
Pasiënte wat aan Achalasie van die slukderm ly, het 'n verhoogde kans om kanker van die slukderm te ontwikkel.
Diagnose
wysigPasiënte drink Barium en X-strale word geneem om hierdie kondisie te diagnoseer, terwyl 'n endoskopie die ernstigheidsgraad van die siekte kan bepaal.
Behandeling
wysig- Mondelinge medikasie
- Uitrekking van die slukderm met 'n ballon
- Chirurgie
- Die inspuiting van spier ontspan medisyne (byvoorbeeld botulinum toksien) direk in die slukderm