Maak hoofkeuseskerm oop

Dr. Albert Jacobus Stals (1880 – 1951) was 'n Suid-Afrikaanse minister. Hy is op 24 Augustus 1880 op Tulbagh gebore. Hy ontvang sy opleiding op Stellenbosch, Dublin en Berlyn. Hy bekwaam hom in die regte en in die medisyne met lof in albei. Hy word 'n Parlementslid as L.V. vir Hopetown en dien ook as lid van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad, die Raad van Handel en Nywerheid en die Skeepsvaartraad. Hy was die voorsitter van laasgenoemde. Toe dr. Daniël François Malan in 1948 aan die bewind kom, is hy aangestel as Minister van Gesondheid en Volkswelsyn. Hy is op 5 Februarie 1951 in Kaapstad oorlede.

Albert Jacobus Stals
Albert Jacobus Stals (minister)
Dr. Albert Jacobus Stals in 1951

Minister van Gesondheid en Volkswelsyn
Ampstermyn
1948 – 1951
Eerste minister Daniël François Malan
Voorafgegaan deur Henry Gluckman (Gesondheid)
Harry Lawrence (Volkswelsyn)
Opgevolg deur Karl Bremer

Minister van Onderwys
Ampstermyn
1948 – 1949
Eerste minister Daniël François Malan
Voorafgegaan deur Jannie Hofmeyr
Opgevolg deur Charles Robberts Swart

Persoonlike besonderhede
Gebore (1880-08-24)24 Augustus 1880
Tulbagh, Kaapkolonie (nou Wes-Kaap, Suid-Afrika)
Sterf 5 Februarie 1951 (op 70)
Kaapstad, Kaapprovinsie (nou Wes-Kaap, Suid-Afrika)
Politieke party Nasionale Party
Alma mater Universiteit Stellenbosch

BronWysig