Alblasserwaard
Die Alblasserwaard is 'n streek in die provinsie Zuid-Holland; 'n klein stukkie lê in die provinsie Utrecht.
Die Alblasserwaard is 'n landelike streek met baie weide, wat hom ongeveer anderhalwe meter onder seevlak bevind en grotendeels uit veen bestaan.
Hierdie streek word in die suide begrens deur die Beneden-Merwede- en Boven-Merwede-riviere, in die weste deur die Noord-rivier, in die noorde deur die Lek-rivier en in die ooste deur die Oude Zederik-rivier, die Merwedekanaal en die Linge-rivier.
Die nedersettings in die streek bestaan uit dorpies en gehuggies, behalwe Nieuwpoort en Gorinchem, wat is kleine stede. Sewe munisipaliteite is geleë in die Alblasserwaard, waarvan die munispaliteit Molenlanden die grootste deel beslaan.
Die streek se dialek word Alblasserwaards genoem, wat is 'n Hollandse dialek en wat baie lyk soos die naburige Vijfheerenlands.
Munisipaliteit | Inwoners (2022) |
Oppervlak (km²) |
Opmerking |
---|---|---|---|
Alblasserdam | 20.000 | 10 | |
Gorinchem | 37.000 | 17 | 'n Stukkie lê in die Tielerwaard-streek (ongeveer 5 km² met sowat 900 inwoners).[1] |
Hardinxveld-Giessendam | 19.000 | 19 | |
Molenlanden | 45.000 | 188 | 'n Klein stukkie lê in die Vijfheerenlanden-streek (ongeveer 4 km² met nouliks inwoners).[2] |
Papendrecht | 32.000 | 11 | |
Sliedrecht | 26.000 | 14 | |
Vijfheerenlanden [3] | 8.000 | 20 | Dit betref slegs 'n stukkie wat in die Alblasserwaard-streek geleë is.[4] |
Totaal | 187.000 | 279 |
Naburige streke
wysigKrimpenerwaard | Lopikerwaard (UT) | |
IJsselmonde | Vijfheerenlanden (UT) | |
Eiland van Dordrecht, Land van Heusden en Altena (NB) |
Tielerwaard (GE), Bommelerwaard (GE) |
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Plaatsengids
- Die midde van die Alblasserwaard: 51°53′N 4°50′O / 51.883°N 4.833°O