Amalinda

woonbuurt in Oos Londen, Suid-Afrika

Amalinda is ‘n woonbuurt van Oos-Londen.

Die buurt lê net wes van die middestad en is sedert 1948 deel van die stad. Aan die noordwestelike kant van die buurt is die Amalinda-natuurreservaat. In hierdie park is ‘n viskwekery vir verskeie spesies varswatervisse.

Die naam Amalinda kom uit Xhosa en verwys na die komagtige laagte van die terrein.

Ndlambe en Gaika se geveg bekend as die Slag van Amalinde (soms Slag van Amalinda) het nie hier, maar wel by Debenek, plaasgevind.