Amanzimtoti is 'n vakansiedorp aan die Indiese Oseaan, suid van Durban, KwaZulu-Natal (Suid-Afrika).

Amanzimtoti
Dorp
Strand in Amanzimtoti
Strand in Amanzimtoti
Amanzimtoti is in KwaZulu-Natal
Amanzimtoti
Amanzimtoti
 Amanzimtoti se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 30°03′0″S 30°53′0″O / 30.05000°S 30.88333°O / -30.05000; 30.88333
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
MunisipaliteiteThekwini
Oppervlak
 • Totaal9,19 km2 (3,55 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal13 813
 • Digtheid1 503/km2 (3 890/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense67.3%
 • Indiërs/Asiërs8.2%
 • Bruin mense1.9%
 • Swart mense22.1%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Engels50.9%
 • Afrikaans30.6%
 • Zoeloe14.0%
 • Xhosa1.3%
 • Ander3.1%
Poskode (strate)
4126
Poskode (posbusse)
4125
Skakelkode031

In die jaar 1828 was die Zoeloekoning Shaka volgens 'n plaaslike legende met sy leër op pad om 'n strooptog teen die Pondo's in die suide uit te voer, toe hy aan die oewer van 'n rivier rus. Nadat hy van die water geproe het, roep hy uit "Kanti amanza mtoti" ("Die water is soet!"). Die rivier staan hierna bekend as Amanzimtoti ("Soet waters").

Op 23 Desember 1985 het 'n terreurbom in 'n besige sakesentrum ontplof. Vyf mense het gesterf en veertig is beseer. Die ANC is daarvan beskuldig dat hy die bom as 'n gevolg van sy destydse nuwe strategie, om "sagte" teikens in die land aan te val, daar geplaas het.

Deesdae staan Amanzimtoti veral bekend vir sy aangename klimaat en sy goue strande. Die stad is een van die gewildste toeristebestemmings in Suid-Afrika en 'n mekka vir branderplankryers. Die strande word deur lewensredders bewaak en is met haainette voorsien om baaiers te beskerm; daarnaas is ook 'n seewaterswembad beskikbaar.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Amanzimtoti". Sensus 2011.

Eksterne skakels

wysig