Amatola-ghieliemientjie

Die Amatola-ghieliemientjie (Barbus amatolicus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Oos-Kaap. In Engels staan dit bekend as die Amatola barb.

Amatola-ghieliemientjie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. amatolicus
Binomiale naam
Barbus amatolicus

Voorkoms

wysig

Die vis is deurskynend grys, pienk of rooibruin en silwerwit aan die onderkant. Daar is 'n horisontale dowwe swart streep oor die lyf. Daar is een paar baarde om die mond en broeiende mannetjies ontwikkel prominente tuberkels op die kop. Die vis word tot 70 mm lank.

Verspreiding

wysig

Die vis kom voor in die Groot-Kei- en M'basheriviere.

Algemeen

wysig

Die vis is geskik vir koue water akwariums en visdammetjies.

Sien ook

wysig

Eksterne skakel

wysig