Maak hoofkeuseskerm oop

Ammoniumsianaat

chemiese verbinding

Ammoniumsianaat (NH4OCN) is 'n sout van die basis ammoniak en isosiaansuur.

Dit word algemeen aanvaar dat organiese chemie as 'n wetenskap in 1828 begin is deur Friedrich Wöhler se sintese van die organiese, en biologies betekenisvolle stof, ureum, deur per abuis 'n waterige oplossing van ammoniumsianaat te verdamp.