Anyang
Anyang (Chinees: 安阳) is 'n stad in die Chinese provinsie Henan met 'n bevolking van 5 172 834 in 2010. Die stad is in die noordooste van China, suidoos van Beijing en Tianjin geleë. Anyang grens in die ooste aan Puyang, en in die suide aan Hebi en Xinxiang. Die ou naam van die stad is Zhāngdé (彰德), in die noordweste is Yīnxū (殷墟; die „ruïnes van Yin“) geleë, wat tussen die 14de en 11de eeu v.C. as hoofstad van die Sjang-dinastie gedien het, en in 2006 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys is.
Anyang 安阳 | |
---|---|
Stad | |
Die Tianning-tempel in Anyang. | |
Koördinate: 36°06′00″N 114°20′00″O / 36.10000°N 114.33333°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Provinsie | Henan |
Oppervlak | |
• Stad | 7 355 km2 (2 840 vk. myl) |
• Stedelik | 543,5 km2 (209,8 vk. myl) |
• Metro | 1 739,5 km2 (671,6 vk. myl) |
Hoogte | 69 m (226 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 5 172 834 |
• Digtheid | 700/km2 (1 800/vk. myl) |
• Stedelik | 950 301 |
• Stedelike digtheid | 1 700/km2 (4 500/vk. myl) |
• Metro | 2 025 811 |
• Metrodigtheid | 1 200/km2 (3 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Poskode | 455000, 456100, 456300, 456400, 456500 |
Skakelkodes | 0372 |
Webwerf | anyang.gov.cn |