Arp 87
Arp 87 is twee interaktiewe sterrestelsels, NGC 3808A en NGC 3808B. Dit is geleë in die sterrebeeld Leeu, ongeveer 300 miljoen ligjare van die Aarde af.
Arp 87 | ||||
Arp 87 in Februarie 2007, soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. Die sterrestelsel NGC 3808A is hier aan die regterkant en NGC 3808B aan die linkerkant. | ||||
Soort stelsel | Interaktiewe sterrestelsels | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 11h 40m 44.2s | |||
Deklinasie | +22° 25′ 46″ | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 300 miljoen ligjare | |||
Lugkoördinate | ||||
11h 40m 44.2s, +22° 25′ 46″ | ||||
|
Sterrestelsels is, nes die hemelliggame wat dit bevat, konstant aan die beweeg (ons eie sterrestelsel, die Melkweg, inkluis) en dié twee stelsels se huidige omhelsing is te danke aan die wisselwerking van hulle afsonderlike swaartekragte wat begin het toe hulle mekaar tussen 300 en 160 miljoen jaar gelede ontmoet het. Die kurktrekkervorm van die gety, soos waargeneem deur foto's van die Hubble-ruimteteleskoop, dui daarop dat sommige sterre en gas van die groter sterrestelsel in die aantrekkingskrag van die kleiner stelsel vasgevang is. Só 'n oordrag van materie is reeds in soortgelyke gevalle waargeneem.
Oor miljoene jare kan die sterrestelsels uiteindelik skei of, indien swaartekrag die oorhand kry, saamsmelt.
Bronnelys
wysig- Arp 87 Geargiveer 2 Februarie 2009 op Wayback Machine by die Europese webwerf van die Hubble-ruimteteleskoop Geargiveer 13 Januarie 2007 op Wayback Machine.
- Spiraling tentacles of doom Geargiveer 3 Desember 2007 op Wayback Machine by badastronomy.com Geargiveer 15 Augustus 2005 op Wayback Machine.