Bababoudjies (Argyroderma delaetii C.A.Maass syn. Argyroderma roseum Schwantes) is vetplante wat op die kwartsvlakte van die Knersvlakte endemies is. Dit behoort tot die familie Aizoaceae en word op de SANBI-rooilys as veilig (LC) beskou.[1]

Bababoudjie
SDC11414 - Argyroderma roseum.JPG
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. delaetii
Binomiale naam
Argyroderma delaetii
C.A.Maass

Dit is 'n dwergplantjie wat nie groter as 3 cm word nie en een paar vlesige blare per jaar groei tussen die kwarts wat dikwels die Knersvlakte bedek. Die blomme kan verskeie kleure hê.[2] Hulle groei veral tussen die wit kwartssteentjies wat baie van die sonlig reflekteer. Dit hou die temperatuur van die blaartjies sowat 10K laer as op die streek se rooi sandgronde.[3]

VerwysingsWysig

  1. SANBI-rooilys.
  2. Llifele.
  3. Life Strategies of Succulents in Deserts: With Special Reference to the Namib Desert, Dieter J. von Willert, CUP Archive, 1992 ISBN 0-521-24468-4, ISBN 978-0-521-24468-8, bls. 148