Maak hoofkeuseskerm oop

Die Bankduiker (Phalacrocorax neglectus) is 'n endemiese voël wat aan die weskus van Suid-Afrika voorkom. Die voël is 74 – 76 cm groot en weeg 1.6 - 2.3 kg met 'n vlerkspan van 1.2 - 1.3 meter. Hulle broei koloniaal op rotse en eilande naby die kus en hulle gaan selde verder as 20 km van die kolonie af. Die status van die voël is bedreig; daar is slegs 3000 pare oor. In Engels staan die voël bekend as Bank cormorant.

Bankduiker
Bewaringstatus

Status iucn3.1 EN af.svg
Bedreig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Suliformes
Familie: Phalacrocoracidae
Genus: Phalacrocorax
Spesie: P. neglectus
Binomiale naam
Phalacrocorax neglectus
(Wahlberg, 1855)

Sien ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. BirdLife International (2012). "Phalacrocorax neglectus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.