Bokklootjies of beesklootjies, ook (eufemisties): -kloutjies (Argyroderma testiculare (Aiton) N.E.Br.) is vetplante wat tussen die kwarts van die Knersvlakte endemies is. Dit behoort tot die familie Aizoaceae en word op die SANBI-rooilys as seldsaam (Rare) gelys, omrede dit net in 'n klein gebied voorkom (kleiner as 300 km²), maar nie daar bedreig is nie.[1]

Bokklootjie
Argyroderma testiculum.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. testiculare
Binomiale naam
Argyroderma testiculare
(Aiton) N.E.Br.
Bokklootjies

Dit is 'n dwergplantjie wat nie groter as 15 cm word nie. Die blare is dik en lyk soos 'n eier wat in twee helftes gekap is. Die blommetjies is pers met 'n geel hart.[2]

VerwysingsWysig