Bonang Matheba
Suid-Afrikaanse uitsaaier
Bonang Matheba (* 25 Junie 1987, Mahikeng)[1] is 'n Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, radiopersoonlikheid en sakevrou. Sy is veral bekend vir haar aanbieding van die gewilde SABC 1-musiekprogram "Live Amp" (voorheen bekend as "Live").
Bonang Matheba | |
Bonang Matheba (links) en Jennifer Su in 2013
| |
Alias | Queen B* |
---|---|
Geboorte | 25 Junie 1987 Mahikeng |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | TV en radio-aanbieder, sakevrou |
Aktiewe jare | 2002– |
Webwerf | http://bonangmatheba.com |
Sy is tans 'n aanbieder op SABC 3 se TV-tydskrifprogram Top Billing.[2] Sy is ook 'n omroeper van die radioprogram "The Front Row"[3] op die SABC-radiostasie Metro FM.
Op Sondagaand 13 Augustus 2023 was sy die gasvrou/aanbieder van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie se glansryke finaal en kroning by die SunBet-area te Time Square in Pretoria.
Verwysings
wysig- ↑ "Jucy Africa – Bonang's 25th Birthday Party". Jucy Africa (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017.
- ↑ Dimakatso Motau. "Bonang new face on Top Billing". Sowetan LIVE (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2017.
- ↑ Sowetan LIVE. "Metro FM line up: Bonang replaces Siphokazi January". Sowetan LIVE (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2017.