Bosveldwitysterhout
Die bosveldwitysterhout (Vepris reflexa) is 'n klein boom wat voorkom vanaf Port St. Johns tot in Beira en binnelands vanaf Eswatini tot in die sentrale Zambezivallei. Dit is ook inheems in Botswana, Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe.
Bosveldwitysterhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Rutaceae |
Genus: | Vepris |
Spesie: | V. reflexa
|
Binomiale naam | |
Vepris reflexa I.Verd., (1926)
|
Die boom groei in droë woud en op klipperige hellings naby strome en riviere. Dit verkies beskutte areas soos ruigtes en klowe, veral in die Malelane-gebergtes in die Krugerwildtuin.[1]
Die boom se FSA-nommer is 260, en in Engels bekend as die Bushveld white ironwood.[1]
Bronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 105. ISBN 978-1-77007-759-1.