Die brein kan, nes die meeste ander interne organe, as afval geëet word. Dit sluit die brein van varke, eekhorings, konyne, perde, beeste, ape, hoenders, kamele, vis, skape en bokke in. In baie kulture word sekere soorte brein as 'n lekkerny beskou.

Lamsbrein verkoop as kos.
Beesbreinkerrie van Indonesië.

Kultuurgebruike

wysig

Kalfsbrein kom in Franse kookkuns voor in geregte soos cervelle de veau en tête de veau. Maghaz is 'n gewilde kossoort in Pakistan, Bangladesj en dele van Indië. In Turkse kookkuns kan breine gebraai, gebak of as 'n slaai geëet word. In Chinese kookkuns is dit 'n lekkerny in Chongqing en Sichuan. In die suidelike dele van China word 'n varkbrein gebruik vir tianma zhunao tang.

In Suid-Indië is bokbreinkerrie 'n lekkerny. Selfs in Mumbai het die plaaslike Oos-Indiese gemeenskap hulle eie weergawe van breinmasalakerrie.[1]

'n Soortgelyke gereg in Mexiko is tacos de sesos.[2] Die Anyang-stam van Kameroen het 'n praktyk beoefen waar 'n nuwe stamhoof die brein van 'n gorilla sou eet, terwyl nog 'n senior lid van die stam die hart sou eet.[3]

'n Spesialiteit in Indonesië is 'n gereg wat bestaan uit beesbrein in 'n klappermelksous bekend as gulai banak ("beesbreinkerrie").[4][5] In die Filippyne is tuslob buwa, van gebraaide varkbrein, 'n gewilde straatkos in Cebu-stad. In Kuba word "breinpoffers" gemaak deur brein en broodkrummels saam te koek en te braai.[6]

Verwysings

wysig
  1. "Spicy Brain Masala Recipe | The Winged Fork". thewingedfork.com/ (in Engels (VSA)). 20 Mei 2019. Besoek op 26 September 2021.
  2. "Weird Foods: Mammal". Weird-Food.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2005. Besoek op 14 Oktober 2005.
  3. Meder, Angela. "Gorillas in African Culture and Medicine". Gorilla Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2005. Besoek op 14 Oktober 2005.
  4. "Beef Brain Curry (Gulai Otak)". Melroseflowers.com. Besoek op 7 Desember 2013.
  5. "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2020. Besoek op 11 April 2013.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
  6. "Brain Fritters". Cubanfoodmarket.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2014. Besoek op 7 Desember 2013.

Skakels

wysig