Gewone blikslanertjie
(Aangestuur vanaf Cacosternum boettgeri)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die gewone blikslanertjie (Cacosternum boettgeri) is 'n padda wat in die grootste gedeelte van Suid-Afrika behalwe die noordweste van die Noord-Kaap voorkom. Die padda is 2 -3 cm lank en het 'n gesette lyf met 'n kleur wat wissel van smaraggroen tot dofbruin. Strepe, vlekke en kolle kan ook op die padda voorkom. Die pens is wit met donker kolle op. Dit leef in vogtige of oorstroomde grasveld of seisoenale reënpoele. Die padda is veral aktief na reën. Hulle leef van klein insekte.
Gewone blikslanertjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. boettgeri
|
Binomiale naam | |
Cacosternum boettgeri |
Bron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gewone blikslanertjie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Gewone blikslanertjie