Cacosternum cederbergense
padda spesie
Die Sederberg blikslanertjie (Cacosternum cederbergense) is 'n padda wat tot die Pyxicephalidae familie hoort. Die spesie is die eerste keer in 1997 deur die herpetoloog, Marius Burger, geïdentifiseer. Die padda kom voor in die Sederberg en was aanvanklik verwar met Cacosternum karooicum. In Engels staan die padda as die Cederberg Dainty Frog bekend.
Sederberg Blikslanertjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Amphibia |
Orde: | Anura |
Familie: | Pyxicephalidae |
Genus: | Cacosternum |
Spesie: | C. cederbergense
|
Binomiale naam | |
Cacosternum cederbergense Marius Burger, (1997)
|