Churchilldam
Die Churchilldam verskaf saam met die Impofudam, die Kougadam, die Loeriedam en die Groendaldam water vir huishoudelike en nywerheidsgebruik aan die stedelike gebied van Gqeberha (voorheen Port Elizabeth).
Churchilldam Krommedam | |
---|---|
Amptelike naam | Krommedam |
Ligging | Kareedouw |
Provinsie/Land | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 34°0′3.4″S 24°29′34.1″O / 34.000944°S 24.492806°O |
Dam in | Kromrivier |
Doel | Nywerheid en huishoudelik |
Openingsdatum | 1943 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boogdam |
Hoogte van wal | 39 m |
Lengte van wal | 247 m |
Bakmaat | 33 282 000 m3 |
Reservoir | Kromrivierdam Reservoir |
Damoppervlak | 253 ha |
Ligging
wysigDie Churchilldam is in die Kromrivier, oos-suidoos van Kareedouw, suid van die pad deur die Langkloof (R62) en aan die noordelike helling van die Kareedouwberge. Die damperseel is 100 km wes van Gqeberha by 34° 00' suid en 24° 29' oos.
Afmetings
wysigDie dam het 'n kapasiteit van 35 miljoen m³, 'n walhoogte van 43 m, 'n maksimumoppervlakte van 2 492 km² en 'n sluis van 12 m. Swaartekrag bring die water met 'n pyplynstelsel na die stad.
Geskiedenis
wysigGedurende die 1930's het Port Elizabeth vinnig gegroei. George Begg, die stadsingenieur, het die plan vir 'n dam in die Kromrivier voorgestel, omdat dit die naaste rivier was met baie en goeie water. Alhoewel reeds in 1936 met die bouprojek begin is, is dit eers na die Tweede Wêreldoorlog voltooi. In 1942 is besluit om dit na Winston Churchill te vernoem as erkenning vir sy groot rol tydens die oorlog. Genl J.C. Smuts het in 1948 die inwyding waargeneem.
Spoorbek
wysigToe die dam opvul, is Hendrik Spoorbek (Heinrich Schörbeck) se plaas Spoorbek se Erf deur die dam se water bedek.
Vloede
wysigMet die Churchill- sowel as die Impofudam word die periodieke vloede in die Kromrivier beheer. So word skade aan landerye en geboue aan die oewer en by die mond voorkom.
Sien ook
wysigBibliografie
wysig- Logie, Bartle: Governor's travels. A journey along the Kouga/Tsitsikamma coast. Hunters Retreat: Bluecliff, 1999. ISBN 0-620-24152-7
- krommerivier.wordpress.com
- www.dwa.gov.za