Danielskuil
Daniëlskuil is 'n klein dorpie in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp het sy naam te danke aan 'n kalksteensinkgat van 6 m diep wat die vroeë inwoners aan die bybelverhaal Daniël en die Leeukuil laat dink het. Volgens oorlewering het Adam Kok I die gat as 'n tronk gebruik vir die wat sy wette oortree het.
Danielskuil | |
---|---|
Die eerste NG kerk in Danielskuil, ongeveer 1895. | |
Koördinate: 28°12′S 23°35′O / 28.200°S 23.583°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | ZF Mgcawu |
Munisipaliteit | Kgatelopele |
Stigting | 1964 |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 174,63 km2 (67,43 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 13 597 |
• Digtheid | 78/km2 (200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.8% |
• Bruin mense | 44.5% |
• Swart mense | 47.4% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 63.0% |
• Tswana | 30.9% |
• Engels | 1.8% |
• Xhosa | 1.1% |
• Ander | 3.2% |
Poskode (strate) | 8405 |
Poskode (posbusse) | 8405 |
Distrik
wysigDie distrik Daniëlskuil is beeswêreld maar mynbou speel ook 'n groot rol. Asbes word ontgin by die myndorp Owendale suidwes van Daniëlskuil, kalksteen by Lime Acres en diamante by die Finsch-diamantmyn suid van Lime Acres. Daar word ook marmer ontgin.
Trivia
wysigDaar is 'n klein fort op die koppie wat oor die dorp uitkyk. Die Britte het dit tydens die Tweede Vryheidsoorlog gebou.
Die R31-hoofpad gaan deur die dorp. Die naaste groot dorpe is Postmasburg 63 km wes en Kuruman 81 km noord.[2][3]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Danielskuil". Sensus 2011.
- ↑ B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- ↑ Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5