Dassault Falcon 8X
Die Dassault Falcon 8X is 'n grootkajuit, langreikafstand, besigheidstraler vervaardig deur Dassault Aviation. Dit is afgelei van die Dassault Falcon 7X, met groter reikafstand wat deur enjinverfyning, aerodinamiese afronding en 'n toename in brandstofkapasiteit bereik is.[1]
Dassault Falcon 8X | |
---|---|
Tipe | Besigheidstraler |
Vervaardiger | Dassault Aviation |
Ontwerp deur | Dassault Aviation |
Nooiensvlug | beplan vir 2015 |
Vrygestel | beplan vir 2016 |
Die 8X se kajuit is ongeveer 3,2 m langer as sy voorganger, die 7X. Dit het 'n enjinopgradering ontvang wat dit moontlik maak om op te styg vanaf korter aanloopbane, asook 'n verbeterde brandstofverbruik van 35% teenoor sy mededingers.[2]
Verwysings
wysig- ↑ William Garvey (19 Mei 2014). "Dassault Expands Falcon Family With 8X" (in Engels). Aviation Week. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2018. Besoek op 19 Mei 2014.
- ↑ Adrian G. (17 Junie 2014). "Executive Charter Flights" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 17 Junie 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |