Demi Lovato
Demetria Devonne Lovato (gebore 20 Augustus 1992) is 'n Amerikaanse aktrise en sangeres-liedjieskryfster. Sy is die bekendste vir haar rolle as Mitchie Torres in die Disney-kanaal Oorspronklike Rolprent Camp Rock en Sonny Monroe in Sonny With A Chance. Buiten rolspel is sy ook 'n solomusiekkunstenaar en het sy haar debuutalbum Don't Forget op 23 September 2008 vrygestel. Die album het by nommertwee op die Billboard-200-trefferlys gedebuteer en het meer as 89 000 kopieë in die eerste week verkoop.[1] Lovato het haar tweede album, Here We Go Again, op 21 Julie 2009 vrygestel.[2]
Demi Lovato | |
Demetria Devonne Lovato in 2016
| |
Geboortenaam | Demetria Devonne Lovato |
---|---|
Geboorte | 20 Augustus 1992 Albuquerque, Nieu-Meksiko (VSA) |
Nasionaliteit | Amerikaner |
Beroep(e) | Aktrise, sanger |
Webwerf | www.demilovato.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Verwysings
wysig- ↑ Daniel Kreps (1 Oktober 2008). "On the Charts: Demi Lovato & Kings of Leon Debut High, Metallica Rule". Rolling Stone (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2009. Besoek op 22 Desember 2008.
- ↑ "Demi Lovato First Single Announcement" (in Engels). Demi Lovato. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018. Besoek op 29 Mei 2009.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Demi Lovato. |