Dieprivier (Langkloof)

Die Dieprivier in die Bo-Langkloof ontspring op die noordelike hellings van die Outeniekwaberge.

Die rivier begin net wes van die Keurboomsrivier en vloei daarna weswaarts. Dit loop deur die nedersetting Noll (ook bekend as Nolls Halte en Vanrooyensrus), kruis die N9/R62-roete (wat George en Oudtshoorn met Uniondale en Joubertina verbind) en net noord hiervan sluit die Molenrivier (Meulrivier) aan. Die versterkte Dieprivier sluit hierna op sy beurt weer by die Kammanassierivier aan.

In die pioniersjare is hierdie plaas onder andere besoek deur vaandrig August Beutler, Hendrik Swellengrebel en Joachim van Plettenberg.

Let Wel: Hierdie rivier moet nie verwar word met die Dieprivier (Die Vleie) nie.

Bibliografie

wysig
  • van Huyssteen, Anista: Van Ghoenas en Karrie tot die Storie van Langkloof. Melkbosstrand: Danista, 2008. ISBN 978-0-620-41316-9