Maak hoofkeuseskerm oop
QR-kodes kan moderne grafte vergesel om meer aanlyn-inligting vir die graftoeris te bied, soos by hierdie graf regsonder.

Die digitale grafsteen is die moderne pendant van die "normale" analoë grafstene of die historiese sprekende grafstene.

Die aktiewe variant werk met 'n platskerm wat op 'n graf staan of in 'n grafsteen of grafplaat afsonderlik gemonteer is. Die eerste digitale grafsteen is in Mei 2007 in die Nederlandse dorp, Rhenen, amptelik bekendgestel. Die Digizerk ('n kofferwoord van digital en grafzerk (Afrikaans: grafserk)) is die geesteskind van Hendrik Rozema. Deur middel van filmfragmente, foto's of teks kan die lewensverhaal van die oorledene aan die graftoeris oorvertel word. By hierdie prototipe/eerste weergawe van hierdie platskerm-grafsteen word die krag voorsien deur 'n battery, wat moontlik met 'n sonpaneel verbind is. Die skerm kan met behulp van 'n afstandbeheerder ingestel word. Klank is (tans) afwesig, om die kerkhofstilte nie te steur nie.[1][2][3]

'n Passiewe variant van hierdie graftegnologie is grafstene wat met 'n QR-kode voorsien is en gegewens rondom die lewensbeskrywing geheel of gedeeltelik op die web weergee, soos deur aanlynvideo's of -foto's van die goue bruilof of die laaste tiende verjaarsdag van die oorledene. Dagboeke, briewe, stambome ens. van die betrokke persoon kan ook op die Internet gelees word. Hierdie nagedagtenis kan dan deur 'n kamerafoon of PDA in die begraafplaas bekyk word.[4][5][6] Sou 'n skerp foto van so 'n grafsteen by 'n aanlynbegraafplaas, soos Eggsa, opgelaai word, kan ook vanaf die huis of kantoor inligting opgeroep word. QR-kodes is maklik om te skep en goedkoop, maar of webadresse oor die eeue heen dieselfde sal bly, moet in berekening gebring word.

VerwysingsWysig

  1. [1] „Digitale Nachrufe auf Verstorbene“, ein Beitrag auf RP Online vom 20. Juni 2007
  2. [2] stern.de, abgerufen am 26. Juni 2012
  3. [3] "Grabsteine mit Flachbildschirm liegen im Trend" Basler Zeitung online vom 14. Oktober 2008
  4. [4] Taz.de vom 3. Mai 2012
  5. [5] Bild.de, abgerufen am 26. Juni 2012
  6. [6] ein Beitrag in heute nacht vom 8. Mai 2012, abgerufen in der ZDFmediathek am 27. Juni 2012