Dire Straits
Dire Straits is 'n Engelse rock-groep wat in 1977 in Londen gestig is. Die groep het meer as 120 miljoen albums wêreldwyd verkoop en het drie Grammy Awards gewen. Hulle is onder andere bekend vir liedjies soos Sultans of Swing, Private Investigations, Brothers in Arms en Money for Nothing.[1]
Dire Straits | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Londen (Verenigde Koninkryk) |
Genres | Rock |
Jare aktief | 1977 – hede |
Etikette | Phonogram, Vertigo, Mercury, Warner Bros. |
Diskografie
wysig- Dire Straits (1978)
- Communiqué (1979)
- Making Movies (1980)
- Love over Gold (1982)
- Brothers in Arms (1985)
- On Every Street (1991)
Verwysings
wysig- ↑ (en) Dire Straits sold 120 million albums John Illsley.com, 5 Mei 2009
Wikimedia Commons bevat media in verband met Dire Straits. |