Dorsaal is 'n term in anatomie wat rugkant beteken. Dit is van die Latynse woord dorsum, wat rug beteken afgelei.

Die dorsale en ventrale kante van die Reuse-voëlvlerk.

'n Dorsale liggaamsdeel lê aan die rugkant, of agterkant van die liggaam, as die liggaam in sy standaard anatomiese posisie gehou word. Die teenoorgestelde ligging is ventraal.

VoorbeeldeWysig

  • Die hak van die voet lê dorsaal en die tone lê ventraal.
  • Die kneukels van die hand lê dorsaal, terwyl die handpalm ventraal lê.