Duitse Rugbybond
Die Duitse Rugbybond (Duits: Deutscher Rugby-Verband, afgekort “DRV”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Duitsland beheer. Die beheerliggaam is in 1900 gestig en in Hannover gesetel. Sedert 1988 verteenwoordig dit Duitsland by Wêreldrugby en sedert 1934 ook by Rugby Europa (“RE”).
Duitse Rugbybond | |
---|---|
Kenteken van die Duitse Rugbybond
| |
Duitse naam | Deutscher Rugby-Verband |
Afkorting | DRV |
Land | Duitsland |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Gestig op | 4 November 1900 |
Gestig in | Kassel, Duitsland |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1988 |
Vastelandse beheerliggaam | Rugby Europa |
President | Michael Schnellbach |
Hoof- uitvoerende beampte | Manuel Wilhelm |
Setel | Heidelberg, Duitsland |
Amptelike taal | Duits |
Amptelike webwerf | rugbydeutschland.org |
Geskiedenis
wysigDie Duitse Rugbybond is op 4 November 1900 in Kassel gestig en ná die Tweede Wêreldoorlog op 14 Mei 1950 herstig. In 1988 het die DRV by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby) aangesluit.[1] Daarbenewens was die DRV in 1934 ’n stigtingslid van die kontinentale beheerliggaam Fédération Internationale de Rugby Amateur (FIRA; nou Rugby Europa).[2]
Taak
wysigDie Duitse Rugbybond organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Duitsland se nasionale seniorrugbyspan vir mans (die swart arende), vroue en jeug. Die Duitse Rugbybond hou ook toesig oor sewesrugby in Duitsland en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Duitse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Naas die amptelike nasionale span roep die DRV ook ander keurspanne byeen. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Duitsland. Kinders en jongmense word aan rugby bekend gestel veral deur klubs, skoolsportorganisasies en plaaslike beheerliggame, wat in die Duitse Rugbyjeug saamgevat is. Net soos ander rugbylande beskik Duitsland oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Europese en Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[3]
Die DRV bestaan uit 13 plaaslike beheerliggame, wat elkeen ’n deelstaat verteenwoordig. Slegs die deelstate Mecklenburg-Voorpommere, Saarland en Sakse-Anhalt beskik oor geen eie plaaslike beheerliggaam nie. Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die hoogste rugbyliga in die land is die Rugby-Bundesliga wat in 1971 gestig is en waaraan 16 spanne deelneem. Daaronder word die Tweede Bundesliga tussen 18 spanne in drie plaaslike groepe en in die 13 plaaslike beheerliggame se ligas beslis. Die meeste spelers van die Duitse nasionale span is uit dié liga afkomstig. Van die ander spelers is veral in Frankryk aktief.
Kenteken
wysigDie Duitse Rugbybond se kenteken toon die woord rugby met die belettering Deutscher Rugby Verband in Duits onder die nasionale kleure swart-rooi-goud, met die afkorting DRV links aan in ’n gestileerde rugbybal. Die nasionale span se bynaam is “swart arende” (Schwarze Adler), ontleen aan die wapendier van die land, die Bondsarend.
Bestuur
wysigPlaaslike beheerliggaam | Deelstaat |
---|---|
Rugby-Verband Baden-Württemberg | Baden-Württemberg |
Rugby-Verband Bayern | Beiere |
Berliner Rugby-Verband | Berlyn |
Rugby-Verband Brandenburg | Brandenburg |
Rugby-Verband Bremen | Bremen |
Niedersächsischer Rugby-Verband | Nedersakse |
Hamburger Rugby-Verband | Hamburg |
Hessischer Rugby-Verband | Hesse |
Rugby-Verband Rheinland-Pfalz | Rynland-Palts |
Rugby-Verband Nordrhein-Westfalen | Noordryn-Wesfale |
Rugby-Verband Sachsen | Sakse |
Rugby-Verband Schleswig-Holstein | Sleeswyk-Holstein |
Rugby-Verband Thüringen | Thüringen |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Germany". Wêreldrugby. Besoek op 28 Maart 2024.
- ↑ (en) "About us". Rugby Europa. 2020. Besoek op 28 Maart 2024.
- ↑ (en) "World Rugby U20 Championship". Wêreldrugby. Besoek op 28 Maart 2024.
Bronne
wysig- (de) Claus-Peter Bach (2000). 100 Jahre Deutscher Rugby-Verband. Gehrden: Schroeder-Druck & Verlag GbR. p. 182.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Duitse Rugbybond.
- (de) Amptelike webwerf