Maak hoofkeuseskerm oop
Moenie verwar word met Elboers nie.

Elbroes (Russies: Эльбрус; Karatsjai-Balkaries: Минги тау, Miñi taw, [mɪˈŋːi taw]) is 'n berg in Eurasië wat in die suidweste van Rusland aan die grens met Georgië geleë is. Met 'n hoogte van 5 642 meter is dit die hoogste berg in die Kaukasus en Rusland en word soms as die hoogste berg van Europa beskou. Volgens die algemene definisie van die Eurasiese grens is Mont Blanc in die Alpe met 4 810 meter die hoogste berg in Europa.

Elbroes
Die twee pieke van Elbroes
Die twee pieke van Elbroes
Ligging Rusland
Hoogte 5 642[1] meter
Reeks Kaukasus
Koördinate 43°21′18″N 42°26′21″O / 43.35500°N 42.43917°O / 43.35500; 42.43917Koördinate: 43°21′18″N 42°26′21″O / 43.35500°N 42.43917°O / 43.35500; 42.43917
Bergtipe Voormalige stratovulkaan
Laaste uitbarsting 50 ± 50 jaar
Eerste bestyging 1874
Eerste bestyger(s) Frederick Gardiner, Florence Crauford Grove, Horace Walker, Peter Knubel
Maklikste roete Hoë toer van Prijut 11
Vertaling van naam Keëlvormige berg (Russies, Karatsjai-Balkaries)
Uitspraak /mɪˈŋːi taw/
Ligging van Elbroes op 'n kaart (Georgië)
Elbroes
Elbroes
Elbroes se ligging net noord van Georgië
Nasa-Satellietbeeld van Elbroes

Die naam "Elbroes" is afgelei van dié van Harā Barazaitī, 'n legendariese berg in die Avesta, die hoofteks van die Zoroastrisme. Harā Barazaitī weerkaats die Proto-Iranse *Harā Bṛzatī. *Bṛzatī is die vroulike vorm van die byvoeglike naamwoord *bṛzant- "hoog", die gerekonstrueerde stamvader van die moderne Ossetiese bærzond ("hoog", "spits"); Persies بلند barz ("hoog"), berāzande ("elegant") en Barz/Berazandeh; Koerdies barz ("hoog"); almal is verwant aan Sanskrit Brihat (बृहत्). Harā kan geïnterpreteer word as "wagter" of "beskermer", afgelei van 'n Indo-Europese wortel *ser "beskerm". In Middel-Persies het Harā Barazaitī Harborz geword, in moderne Persies Alborz, wat verwant is aan die naam van "Elboers", die hoogste bergpiek van Iran.[2]

VerwysingsWysig

  1. (en) "Elbrus, Russia". Peakbagger.com. Besoek op 13 April 2019.
  2. (en) ALBORZ”. Encyclopædia Iranica. URL besoek op 13 April 2019.

Eksterne skakelsWysig