Elias Xitavhudzi
Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar
Elias Xitavhudzi was ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar wat 16 mans en vroue in die 1950's in Atteridgeville, Suid-Afrika, vermoor het. Hy het net wit Suid-Afrikaners aangeval en sy moordveldtog het ’n sensasie gewek in die jare onder apartheid.
Elias Xitavhudzi | ||
Oorlede | 14 November 1960 | |
Rede vir dood | Gehang | |
Land | Suid-Afrika | |
Bynaam | Pangaman | |
Misdaad | Reeks moorde | |
Misdaadbesonderhede | ||
Plek | Atteridgeville | |
Datum(s) | 1953-1959 | |
Slagoffers | 16 | |
Metode | Met ’n panga doodgekap | |
Vonnisbesonderhede | ||
Vonnis | Doodstraf |
Voor sy inhegtenisneming het hy die bynaam Pangaman gekry omdat dit die wapen is waarmee hy sy slagoffers vermoor het. Ná sy skuldigbevinding is hy die doodstraf opgelê. Hy is op 14 November 1960 gehang.
Xitavhudzi was die tweede in ’n reeks van minstens ’n halfdosyn reeksmoordenaars in die township Atteridgeville.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Newton, Michael (2006). The Encyclopedia of Serial Killers. Infobase. pp. 207, 246. ISBN 9780816069873.