Embraer
Embraer, die Empresa Brasileira de Aeronáutica S.A., is 'n Brasiliaanse vliegtuigvervaardiger. Embraer vervaardig kommersiële, militêre en luukse stralers vir sakeondernemings. In die tydperk tussen 1999 en 2001 was Embraer die grootste uitvoerder in Brasilië en is tans nog steeds een van die drie belangrikste vervaardigers van uitvoergoedere. Na Boeing en Airbus verkoop Embraer die derde meeste kommersiële vliegtuie en het ook die vierde grootste aantal werknemers na Boeing, Airbus en Bombardier.
Embraer S.A. | |
Tipe | Korporasie |
---|---|
Gestig | 19 Augustus 1969 |
Hoofkantoor | São José dos Campos, Brasilië |
Sleutelpersone | Francisco Gomes Neto (voorsitter en hoof- uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Europa, Asië, Noord-Amerika, Oseanië |
Industrie | Lugrederye, verdediging |
Produkte | Vliegtuie, vliegtuigkomponente, missiestelsels vir lug- en grondoperasie |
Inkomste | $19,8 miljard (2017)[1] (2013) |
Netto inkomste | $2,74 miljard (2017) |
Werknemers | 19 116 (1 Sep 2014)[2] |
Divisies | Embraer Defense & Security Embraer Commercial Aviation Embraer Executive Jets |
Dogter- maatskappye | Neiva OGMA, SAVIS Eve Air Mobility Atech, Bradar |
Webwerf | embraer.com |
Embraer is in 1969 deur die Brasiliaanse regering gestig en word tans deur institusionele beleggers beheer. Die maatskappy se hoofkwartier, sy belangrikste produksieaanleg en sy ingenieurs- en ontwerpkantore is in São José dos Campos geleë, 'n stad in die Brasiliaanse deelstaat São Paulo.
Embraer is ook 'n belangrike vervaardiger van onderdele en doen toetsvlugte in een van sy produksieaanlegte in Gavião Peixoto (deelstaat São Paulo). Hierdie fabriek beskik ook oor 'n aanloopbaan met 'n lengte van 5 000 meter (16 400 voet).[3]
Verwysings
wysig- ↑ "Embraer on the Forbes Global 2000 List" (in Engels). Forbes.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 16 Mei 2014.
- ↑ (en) Press Room: Embraer in Numbers embraer.com
- ↑ Persverklaring van Embraer
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Embraer. |