Engraulidae
Die Ansjovisse (Engraulidae) is 'n familie van visse wat hoort tot die orde Clupeiformes behoort. Daar is 16 genera met minstens 139 spesies wat tot hierdie familie behoort. Ses van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Engraulidae | |
---|---|
Kaliforniese ansjovisse, Engraulis mordax | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Engraulidae
|
Genera | |
Amazonsprattus |
Kenmerke
wysigAl die Ansjovissoorte se lywe is lank en silindries, en die snoet is voor die mond. Hulle het klein tandjies wat tipies is van vis wat plankton vreet as voeding. Ansjovis tel onder die pelagiese vis, wat beteken dat hulle in groot skole oor die kontinentale bank voorkom. Die vis word tipies 8 tot 25 cm groot. Ansjovis speel wêreldwyd 'n groot rol in lande se kommersiële visbedryf.
Genera
wysigDie volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Encrasicholina
- Encrasicholina punctifer - Seerower-ansjovis
- Engraulis
- Engraulis japonicus - Kaapse ansjovis
- Stolephorus
- Stolephorus holodon - Doring-ansjovis
- Stolephorus indicus - Indiese ansjovis
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7