Epimetheus (maan)

Epimetheus is ’n binneste maan van Saturnus en is genoem na die mitologiese Epimetheus, die broer van Prometheus. Dit is ook bekend as Saturnus XI.

Epimetheus   
PIA09813 Epimetheus S. polar region.jpg
Epimetheus soos op 3 Desember 2007 deur Cassini afgeneem.
Ontdekking
Ontdek deur Richard Walker
Datum 18 Desember 1966
Wentelbaaneienskappe [1]
Epog 31 Desember 2003 (JD 2453005,5)
Semihoofas 151 410±10 km
Wentelperiode 0,694333517 d
Hellingshoek 0,351±0,004 °
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings 129,8 × 114 × 106,2 km [2]
Gem. radius 58,1±1,8 km[2]
Volume ≈ 780 000 km³
Massa 5,266±0,006×1017 kg[2]
Gem. digtheid 0,640±0,062 g/cm³[2]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,0064-0,011 m/s² [2]
Ontsnapping-
snelheid
≈ 0,035 km/s
Rotasieperiode Sinkronies
Ashelling Nul
Temperatuur ≈ 78 K

OntdekkingWysig

 
Epimetheus.

Epimetheus volg feitlik dieselfde wentelbaan as die maan Janus. Sterrekundiges het eers geglo dit is net een voorwerp omdat hulle so na aan mekaar is.

Audouin Dollfus het ’n maan op 15 Desember 1966 gesien[3] en die naam "Janus" voorgestel.[4] Op 18 Desember het Richard Walker ’n voorwerp in dieselfde wentelbaan as Janus gesien, maar die posisie het nie ooreengestem met die vorige waarnemings nie. Twaalf jaar later, in Oktober 1978, het Stephen M. Larson en John W. Fountain besef die waarnemings van 1966 kan die beste verduidelik word aan die hand van twee aparte voorwerpe (Janus en Epimetheus) wat baie eenderse wentelbane het.[5] Walker kry nou die erkenning vir die ontdekking van Epimetheus.[6] Voyager 1 het dié wentelkonfigurasie in 1980 bevestig.[7]

WentelbaanWysig

 
Epimetheus (links onder) en Janus (regs) soos waargeneem op 20 Maart 2006, twee maande nadat hulle wentelbane omgeruil het. Die mane is nie regtig so na aan mekaar nie; Janus was eintlik sowat 40 000 km verder van Cassini as Epimetheus.

Epimetheus deel ’n wentelbaan met Janus. Laasgenoemde se gemiddelde baanradius van Saturnus af is net 50 km minder as dié van Epimetheus, ’n afstand wat kleiner is as enige van die twee se gemiddelde radius. Volgens Kepler se wette van planetêre beweging word die binneste wentelbaan vinniger voltooi – vanweë die klein verskil sowat 30 sekondes vinniger. Elke dag beweeg die binneste maan 0,25° verder weg van Saturnus as die buitenste maan. Wanneer die binneste maan by die buitenste maan kom, vermeerder hul gesamentlike swaartekragaantrekking die binneste maan se momentum en verminder dié van die buitenste maan. Hierdie bykomende momentum sorg dat die binneste maan se afstand van Saturnus af en sy wentelperiode toeneem, terwyl die buitenste maan s’n afneem. Die twee mane ruil dan wentelbane om, maar kom nooit nader as sowat 10 000 km van mekaar nie. Dié wisseling vind elke vier jaar plaas; die laaste kere was in Januarie 2006,[8] 2010, 2014 en 2018.

VoorkomsWysig

Daar is verskeie kraters op Epimetheus wat groter as 30 km is, asook groot en klein riwwe en groewe. Die talle kraters dui daarop dat Epimetheus taamlik oud kan wees. Janus en Epimetheus kon gevorm het uit die opbreking van ’n enkele voorwerp vroeg in die geskiedenis van die satellietstelsel.

Uit sy baie lae digtheid en relatief hoë albedo kan afgelei word Janus is nes Prometheus en Pnadora ’n baie poreuse, ysagtige voorwerp. Daar is egter groot onsekerheid hieroor en dit moet nog bevestig word.

Op die maan se suidpool is die moontlike oorblyfsel van ’n groot impakkrater wat feitlik dié hele kant bedek. Dit kan verantwoordelik wees vir die ietwat afgeplatte vorm van sy suidelike deel.[9]

Dit lyk of daar twee terreintipes is: donker, gladde dele en ligte, effens gelerige, growwe dele. Een vertolking is dat die donker materiaal teen skuinstes afbeweeg en minder ys bevat as die ligter dele, wat meer soos "bodemrots" lyk. Albei tipes bevat egter waarskynlik baie waterys.[10]

RingWysig

’n Dowwe stofring kom voor om die wentelbane van Epimetheus en Janus, blyk uit foto's wat Cassini in 2006 geneem het. Dit strek sowat 5 000 km ver.[11]

Die bron daarvan is deeltjies wat in botsings met meteoroïdes van hul oppervlak loskom.[12]

VerwysingsWysig

BronneWysig

  • El Moutamid, M. (1 Oktober 2015). “How Janus' Orbital Swap Affects the Edge of Saturn's A Ring?”. doi:10.1016/j.icarus.2015.10.025.
  • (1978) “Saturn's ring and nearby faint satellites”. Icarus 36: 92–106. doi:10.1016/0019-1035(78)90076-3.
  • Gingerich, Owen (3 Januarie 1967). “Probable New Satellite of Saturn” (discovery). IAU Circular 1987. Besoek op 28 Desember 2011.
  • Gingerich, Owen (6 Januarie 1967). “Possible New Satellite of Saturn”. IAU Circular 1991. Besoek op 28 Desember 2011.
  • Gingerich, Owen (1 Februarie 1967). “Saturn X (Janus)” (naming Janus). IAU Circular 1995. Besoek op 28 Desember 2011.
  • "PIA08328: Moon-Made Rings". Photojournal. JPL/NASA. 11 Oktober 2006. Besoek op 29 Desember 2011.
  • "PIA09813: Epimetheus Revealed". Photojournal. JPL/NASA. 11 Januarie 2008. Besoek op 29 Desember 2011.
  • "The Dancing Moons". Cassini Solstice Mission. JPL/NASA. 3 Mei 2006. Besoek op 29 Desember 2011.
  • "NASA Finds Saturn's Moons May Be Creating New Rings". Cassini Solstice Mission. JPL/NASA. 11 Oktober 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2012. Besoek op 29 Desember 2011.
  • "Epimetheus". Cassini Solstice Mission. JPL/NASA. Besoek op 17 Desember 2016.
  • Leverington, David (2003). Babylon to Voyager and beyond: a history of planetary astronomy. Cambridge University Press. ISBN 0-521-80840-5.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Marsden, Brian G. (30 September 1983). “Satellites of Jupiter and Saturn”. IAU Circular 3872. Besoek op 23 Desember 2011.
  • (2006) “The orbits of Saturn's small satellites derived from combined historic and Cassini imaging observations”. The Astronomical Journal 132 (2): 692–710. doi:10.1086/505206.
  • (Julie 2010) “Sizes, shapes, and derived properties of the saturnian satellites after the Cassini nominal mission”. Icarus 208 (1): 395–401. doi:10.1016/j.icarus.2010.01.025.
  • (9 Februarie 2007) “Enceladus: Cosmic Graffiti Artist Caught in the Act”. Science 315 (5813). doi:10.1126/science.1134681. Besoek op 20 December 2011.
  • (Maart 2011) “Stability of co-orbital ring material with applications to the Janus-Epimetheus system”. Icarus 212 (1). doi:10.1016/j.icarus.2010.11.038.
  • (11 November 2011) “The motion of Saturn coorbital satellites in the restricted three-body problem”. Astronomy and Astrophysics 378 (3). doi:10.1051/0004-6361:20011274. Besoek op 17 Desember 2016.
  • Williams, Matt (14 September 2015). "The moons of Saturn". Universe Today. Phys.org. Besoek op 17 Desember 2016.

Eksterne skakelsWysig