Esther Brand
Esther Cornelia Brand (neé Van Heerden; 29 September 1922 – 20 Junie 2015) was 'n Suid-Afrikaanse veldatleet. Brand is tot dusver die eerste en enigste vroueatleet wat 'n goue medalje vir Suid-Afrika op die Olimpiese Spele kon inpalm. Sy het ook Suid-Afrikaanse titels in gewigstoot en skyfwerp gewen.[1]
Esther Brand | |
---|---|
Esther Brand tydens die Olimpiese Spele van 1952
| |
Volle naam | Esther Cornelia Brand |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Geboortedatum | 29 September 1922 |
Geboorteplek | Springbok, Noord-Kaap |
Sterftedatum | 20 Junie 2015 (92 jaar) |
Sterfteplek | Bloemfontein |
Sport | Hoogspring |
As negentienjarige stel sy in 1941 'n wêreldhoogspringrekord van 1,66 meter op, ’n prestasie wat eers 19 jaar later erken is.
Op die Olimpiese Spele van 1952 in Helsinki het sy 'n goue medalje in die vroue-hoogspring gewen. Sy het die destydse skêr-styl gebruik, en kon met 'n hoogte van 1,67 meter oor die lat seil. Dit maak haar die eerste, en steeds enigste Suid-Afrikaanse vrou word wat ’n goue Olimpiese medalje in atletiek kon verwerf.
Brand is in Springbok in die Noord-Kaap gebore en is aan die Hoërskool Maitland in Kaapstad geskool. Sy was met Jan Brand getroud. Haar man het Suid-Afrika in 1948 met fietsry tydens die Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig. Sy het ten tyde van haar afsterwe in Bloemfontein gewoon, waar sy op 92-jarige ouderdom geval en aan haar beserings beswyk het.[2][3][4]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Olimpiese atleet Esther Brand (92) ‘blaas stil laaste asem uit’. Netwerk24, 21 Junie 2015
- ↑ Olimpiese atletieklegende oorlede Geargiveer 22 Junie 2015 op Wayback Machine, PRAAG, 22 Junie 2015
- ↑ Atleet Esther Brand (92) oorlede. Rapport, 21 Junie 2015.