Fyntamboekiegras
Fyntamboekiegras[1] (Hyparrhenia filipendula (Hochst.) Stapf) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika, Lesotho, Eswatini, Mosambiek en Botswana is. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.[2] Dit kom in die bosveld voor.
Fyntamboekiegras | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Subtribus: | |
Genus: | Hyparrhenia
|
Spesie: | Hyparrhenia filipendula (Hochst.) Stapf
|
SANBI vermeld twee subspesies:
- H. f. var. filipendula
- H. f. var. pilosa
Dit het 'n groot voorkomsgebied wat die tropiese Afrika, Madagaskar en Sri Lanka tot Australië omvat.
Dit is 'n slank meerjarige grasspesie wat polle vorm en 'n wortelstok het. Dit kan 60 – 200 cm lank word en die blare kan 30 cm lank en 4 mm breed wees. Die stekeltjies is glad en 5,5 – 7 mm lank. Die trosse is 10 – 12 mm lank. Hul basisse is rolrond en ongelyk. Die blomstele se stekeltjies het 'n baard wat 1 – 5 mm lank is.[3]
Fotogalery
wysigVerwysings
wysig- ↑ ook: blougras, rooigras, dekgras
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2016.
- ↑ Grasses of Soutern Africa G.E. Gibbs Russell, L. Watson, M. Koekemoer, L. Smook, N.P. Barker, H.M. Anderson, M J. Dallwitz ISBN 0 620 14846 2
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Fyntamboekiegras.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir fyntamboekiegras.