Gebruiker:Rooiratel/Aktueel2
- Tydens die Franse Ope het die Poolse tennisspeler Iga Świątek haar vyfde Grand Slam-toernooi gewen, terwyl die Spaanse tennisspeler Carlos Alcaraz sy derde toernooi ingepalm het.
- Die Amerikaanse Nasa-ruimtevaarder William Anders sterf op 90.
- Denemarke, Griekeland, Pakistan, Panama en Somalië is tot nuwe niepermanente lede in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gekies.
- Die T20I-wêreldbeker 2024 duur voort met die eerste rondte in verskeie stede van Wes-Indië en die Verenigde State, die twee gasheerlande.
- Tydens die Suid-Afrikaanse sewende algemene verkiesing verloor die regerende ANC onder president Cyril Ramaphosa vir die eerste keer in 30 jaar sy absolute meerderheid en benodig 'n koalisievennoot. Die DA verdedig sy posisie as amptelike opposisie en regeringsparty in die Wes-Kaap. Die groot wenner is egter die nuutgestigte Umkhonto we Sizwe met oudpresident Jacob Zuma as kandidaat.