Hallo Pieterlategan, hartlik welkom op die Afrikaanse Wikipedia! Message in English Bericht in het Nederlands
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 076 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.

-- Aliwal2012 09:24, 15 September 2024 (UTC)Beantwoord

Martin Bester‎

wysig

Staak jou bemarking van sy plate musiek, dit word nie toegelaat nie. Oesjaar (kontak) 09:20, 15 September 2024 (UTC)Beantwoord

Geen een van die feite waaroor jy Martin Bester so aanhaal nie kan ek bevestig uit jou verwysings nie. Jy het 24-uur om dit reg te stel asb ander verwyder ek dit. Oesjaar (kontak) 12:11, 13 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Hulp benodig met Martin Bester se Wikipedia-artikel

wysig

Geagte Wikipedia-span,

Ek hoop julle kan my help met 'n kwessie rakende die inhoud wat ek geplaas het oor Martin Bester. Daar is gekla dat my bydrae bemarking vir hom is, en dat daar nie genoeg bewyse is dat hy die liedjie "Forever Summer," wat op 11 Oktober 2024 vrygestel is, werklik ingebring het nie.

Die skrywe op Wikipedia is nie geplaas nie kan iemand my dalk help en sien of die voldoende is sal wees?

"Martin Bester het op 11 Oktober 2024 sy eerste Engelse liedjie, 'Forever Summer,' vrygestel. Hierdie snit, wat 'n uitbreiding van sy musiekloopbaan na Engelstalige komposisies merk, kombineer lewendige ritmes met die viering van die somerseisoen, wat sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse musiektoneel verder versterk."

Hier is die verwysingsbladsy wat ek gebruik het om dit te staaf:

https://www.jacarandafm.com/breakfast-martin-bester/watch-martin-bester-releases-first-english-single/

Ek wil graag weet wat ek verkeerd gedoen het en hoe ek dit kan regstel. Ek waardeer enige leiding of hulp wat julle kan bied.

Dankie vir julle tyd en hulp! Pieterlategan (kontak) 13:00, 13 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Dit is Wikipedia beleid dat bemarking nie toegelaat word nie. Geluk aan Martin met sy nuwe liedjie maar die feit dat jy dit binne drie dae na uitreiking hier wil plaas, maak dit bemarking. Ek het jou gevra om die bronne te verskaf op 15 September 2024 reeds, wat jy geïgnoreer het. Daar is net een bron, wat sy een liedjie se uitreiking bevestig, dus kan ek die aanname maak die res is net raaiwerk. Sien Bronne Oesjaar (kontak) 17:08, 13 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord