Argief
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

116 000 artikels

wysig

@Rooiratel:, môre. Ek dink Cheiridopsis meyeri‎ is ons 116,000ste artikel. Kan jy asb die statistiek op Afrikaanse Wikipedia bywerk? Groete! Oesjaar (kontak) 08:31, 1 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Nguyen

wysig

Hi and sorry for writing to you in English. This guy who I've reverted yesterday is a known crosswiki spammer and long term abuser. You might want to take a look at en:w:WP:LTA/NDC for further information. I'm not appealing your revert of mine but please be cautios as the same person might appear under multiple names. Thanks for any response, A09 (kontak) 09:42, 1 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Hi, no worries. Thanks, I appreciate it. I don't doubt that they are a cross-wiki spammer, but the page they created looked legit as far as I could tell. I have recreated the page, using the sources from enwiki. But the users/IPs can remain banned. Thanks for the link. I will keep an eye out for them. - Rooiratel (kontak) 14:49, 1 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Marthinus de Villiers Louren

wysig

@Rooiratel:, kan jy asb Marthinus de Villiers Lourens op Wikidata verwyder nadat ek twee artikels versmely het. Groete! Oesjaar (kontak) 19:58, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Lyk vir my dat daar net een Wikidata item was. Maar as jy 'n skakel het na die ou een, sal ek dit reg maak. - Rooiratel (kontak) 11:52, 9 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Geologiese breuke‎ vs Breuk (geologie)‎

wysig

Ek het die twee uiteindelik versmelt, laasgenoemde is nou 'n aanstuur; ek ook alle skakels en aansture bygewerk. Ek het probeer regmaak op Wikidata, ek kort jou hulp asb. Groete! Oesjaar (kontak) 19:22, 9 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

  Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 14:58, 10 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Dankie. Groete! Oesjaar (kontak) 15:03, 10 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Kwaternêre eksperiment

wysig

Ek beperk my veral tot binêre of moontlik eenvoudige ternêre verbindings soos soute, maar ek het nou 'n bietjie 'n eksperiment gedoen met Litiumstronsiumortosilikaat. Die het vier elemente (Li,Sr,Si en O) en dikwels 'n vyfde as dotering. Ek wou gewoon sien hoe ver ek daarmee kan kom. Van die gebruikelike goeters soos smeltpunte, kookpunte, CAS-nommers, LD50's, en beelde van die stof en sy struktuur kan ek nie vind nie en digthede was ook 'n probleem. Maar daar is tog genoeg inligtings oor die struktuur, sintese en gebruik in optiese elemente soos LEDs dat ek tog meer as 5000 grepe by mekaar kan skryf... Meer as ek verwag het! Maar ek kan dit nie op die Engelse net vind om 'n wikidata-skakel aan te lê nie. Kan jy dit asseblief verhelp? Jcwf (kontak) 04:32, 19 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Ja ek het ook gesukkel om dit te vind. Dit bestaan waarskynlik nie op Wikidata of 'n ander wiki nie. Ek het maar 'n nuwe Wikidata item geskep, en jou artikel daaraan gekoppel. - Rooiratel (kontak) 12:51, 19 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Astridia parviflora

wysig

@Rooiratel:, hierdie spesie is baie nuut en bestaan nog nie op Wikidata nie. Help asb. Groete! Oesjaar (kontak) 09:30, 29 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

  Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 09:43, 30 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

× Carruanthophyllum hybridum

wysig

@Rooiratel:, hier is vir jou 'n uitdaging. Sien × Carruanthophyllum hybridum, dit is 'n hibried en die × (vermenigvuldig teken en nie 'n x nie aldus prof van Wyk!) dui dit aan. Dit is ook 'n monotipiese takson, kan jy 'n genus × Carruanthophyllum skep? Groete! Oesjaar (kontak) 14:23, 31 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

  Uitgevoer lyk vir my as of meeste plekke die genus se naam skryf sonder die spasie tussen die "×" en die "Carruanthophyllum". Maak ek sien op POWO skryf hulle dit met die spasie so ek het dit gelos.
Let wel: ons spesieboks het nie die beste ondersteuning vir hibride nie. Selfs op enwiki gebruik hulle 'n ander Sjabloon vir hibride. Ek het my bes probeer, maar as jy nog hulp nodig het hiermee, vra asb. vir @Pynappel. Groete. - Rooiratel (kontak) 14:37, 31 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Osteospermum namibense

wysig

@Rooiratel:, kan jy dit asb op Wikidata skep? Redelike nuwe spesie. Groete! Oesjaar (kontak) 12:37, 2 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

  Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 07:47, 3 Junie 2024 (UTC)Beantwoord
Dankie! Oesjaar (kontak) 07:57, 3 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Claudia Sheinbaum

wysig

Die inligtingskas het 'n bietjie Engels in... Groete! Oesjaar (kontak) 10:18, 5 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Ek sien so. Ek probeer om dit skoon te maak. - Rooiratel (kontak) 10:23, 5 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Monanthotaxis-spesies

wysig

Dankie vir jou hulp hier! Groete! Oesjaar (kontak) 20:48, 15 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Jou copyvio

wysig

As 'n vertalingsverwysing genoeg is, hoekom verwyder jy dit steeds?

Hoekom jy het my teruggerol? Wil jy nou 'n oorlog begin? Jcwf (kontak) 09:29, 20 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Lees weer hierdie dokument : en:Help:Translation#License_requirements. Dit sê jy kan die vertalingsnota in jou verwysingsnota (wat beskikbaar in die bladsy geskiedenis is) los. Dit is nie verwyder nie, en dus is daar nie 'n kopieregskending nie.
As jy verkies dat die vertalingsnota nog steeds op die bladsy verskyn, dan moet dit onder 'n ander opskrif wees (soos "Notas"). Soos ek reeds gesê het, ander Wikipedias mag nie 'n bron wees nie. Sien en:Wikipedia:Verifiability#Wikipedia_and_sources_that_mirror_or_use_it. - Rooiratel (kontak) 09:38, 20 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Wat is hierdie?

wysig

@Rooiratel:, wat is hierdie? Daar was gister 'n klompie van dit: JJMC89 besprekings bydraes versper hernoem gebruiker WhataAndrew (0 wysigings) na Renamed user cedc53b0d250d62547d5cf9bc413690c1abdbca14eab3f29af4bed1bc5abb4b8. Groete! Oesjaar (kontak) 14:17, 18 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

Globale admins (alle wikis) kan Gerbruikersname verander, as die gebruiker daarvoor vra. As die gebruiker 'n rekening op afwiki het, dan verskyn die verandering (naam verandering) op ons wiki se "Onlangse veranderings".
Maak dit sin? Rooiratel (kontak) 07:22, 19 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
Sien die logboek : https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Logboek/renameuser - Rooiratel (kontak) 07:32, 19 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

Thank You for Your Contribution to Feminism and Folklore 2024!

wysig
 

Help met die vertaal na uw taal

Dear Wikimedian,

We extend our sincerest gratitude to you for making an extraordinary impact in the Feminism and Folklore 2024 writing competition. Your remarkable dedication and efforts have been instrumental in bridging cultural and gender gaps on Wikipedia. We are truly grateful for the time and energy you've invested in this endeavor.

As a token of our deep appreciation, we'd love to send you a special postcard. It serves as a small gesture to convey our immense thanks for your involvement in organizing the competition. To ensure you receive this token of appreciation, kindly fill out this form by August 15th, 2024.

Looking ahead, we are thrilled to announce that we'll be hosting Feminism and Folklore in 2025. We eagerly await your presence in the upcoming year as we continue our journey to empower and foster inclusivity.

Once again, thank you for being an essential part of our mission to promote feminism and preserve folklore on Wikipedia.

With warm regards,

Feminism and Folklore International Team. --MediaWiki message delivery (kontak) 12:28, 21 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

.

Sjabloon:Infobox drug

wysig

@Rooiratel:, wat is jou mening oor die gesprek tussen BurgertB en Doc James oor bogenoemde Sjabloon? Groete! Oesjaar (kontak) 16:01, 7 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Burgert is korrek in die feit dat as 'n Sjabloon oorspronklik in Afrikaans geskep is, dan is dit nie nodig om dit te vertaal nie.
Ek ken nie die "templatedata" ding nie, maar dit lyk baie nuttig. Ek wil graag meer daaroor leer. Dit kan ons seker in die toekoms help om baie sjablone in Afrikaans te vertaal.
Ek is vir die volgende 2 weke baie besig, so ek sal dan eers kans kry om dit te ondersoek. - Rooiratel (kontak) 16:35, 8 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Consolidated B-24 Liberator

wysig

Môre! Kan jy dalk help met die vlae van die lande in my artikel onder opskrif: Lande wat die B-24 gebruik? Groete! Oesjaar (kontak) 08:46, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Het solank begin. Moet nog 'n paar klein dinge verander. - Rooiratel (kontak) 09:05, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Waardeer, dan kan dit sommer in die toekoms op ander artikels ook gebruik word! Groete! Oesjaar (kontak) 09:09, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
  Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 09:24, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Cyrtanthus novus-annus

wysig

Kan jy asb dit vir my op Wikidata skep? Groete! Oesjaar (kontak) 13:42, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

  Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 16:06, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 17:02, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Bespreking:Jaco Jacobs

wysig

Ek is nie seker of ons sulke kommentaar moet hou nie. Streng gesproke moet die besprekingsbladsy slegs gebruik word om die artikel te verbeter, en vrae oor die onderwerp is meer geskik vir 'n WP:FORUM. Selfs al is die kommentaar relevant tot die verbetering van die artikel, as dit só lae-moeite is dan weet ek nie of dit enige waarde het nie en of ons dit dan nie maar in elk geval moet verwyder nie. – Pynappel (kontak) 19:09, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Ek stem 100% met jou saam. Maar is 'n gatvol vir al die mense wat heeltyd sulke dom vrae op die besprekingbladsye plaas. As ons dit net verwyder, gaan hulle waarskynlik net aanhou. So my doel is, om hulle te antwoord. (Hulle gaan sekerlik terug om 'n antwoord te sien), en ek wil hê hulle moet effens dink oor wat hulle doen. As hulle my vrae eerlik beantwoord, sal dit baie interessant wees. Is dit rêrig moontlik dat iemand so lui is dat hulle wil hê dat ons die artikel vir hulle moet lees?
Maar nou ja. Jy kan voort gaan en dit verwyder. Maar in die toekoms, wil ek hê ons moet eers vir die mense sê HOEKOM ons nie hulle snert waardeer nie. - Rooiratel (kontak) 08:59, 23 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Ek het die snert verwyder. Groete! Oesjaar (kontak) 09:21, 23 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Wikidata en * caffra

wysig

@Rooiratel:, wees net bewus dat soos ek deur die verandering werk, ek jou hulp so hier en daar gaan benodig met Wikidata. Groete! Oesjaar (kontak) 20:02, 4 September 2024 (UTC)Beantwoord

Geen probleem. Ek het gesien hulle wil nou al die spesies name verander. - Rooiratel (kontak) 20:07, 4 September 2024 (UTC)Beantwoord
Dit is nou 'n geval van die politiek wat ons in gehaal het! Groete! Oesjaar (kontak) 20:10, 4 September 2024 (UTC)Beantwoord