Geelkwassie
plantspesie
Geelkwassie (Bulbine annua (L.) Willd.) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom net in die Wes-Kaap voor en op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[1]
Geelkwassie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asphodelaceae |
Subfamilie: | Asphodeloideae |
Genus: | Bulbine |
Spesie: | B. annua
|
Binomiale naam | |
Bulbine annua (L.) Willd.
| |
Sinonieme | |
|
Dit kom op sanderige grond in die kusfynbos voor. Dit vorm polle met penagtige blare wat 15-40 cm groot word en veselrige wortels het. Die blomme is liggeel en groei in digte trosse op lang stingels.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.
- ↑ Field Guide to Fynbos, John Manning, Colin Paterson-Jones, Struik, 2007, ISBN 1-77007-265-9, ISBN 978-1-77007-265-7, bls. 62
Eksterne skakel
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir geelkwassie.
- iSpot