Maak hoofkeuseskerm oop

George Claassen (26 Februarie 1917 - 17 Junie 2014) was ’n Suid-Afrikaanse atleet en onderwyser. Hy het in 1961 die Comrades-maraton gewen. Hy was die vader van Wynand Claassen, voormalige Springbokkaptein. Claassen was ’n skoolhoof in Middelburg, Tvl toe hy die afwedloop op 44 jarige ouderdom in ’n tyd van 06:07:07 gewen het. Claassen het in 1977 op 60 sy laaste Comrades-maraton in ’n tyd van 10:14:00 voltooi.

George Claassen sr.
Bynaam Klasie
Geboortenaam George Nicolaas Claassen
Gebore 26 Februarie 1917
Wolmaransstad
Oorlede 17 Junie 2014
Bloubergstrand, Kaapstad
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Onderwyser
Bekend vir Comrades-maratonwenner
Religie NG Kerk
Huweliksmaat Nella
Kind(ers) Danie, George, Maryna, Wynand

Claassen word oorleef deur ’n dogter, Maryna Metelerkamp en drie seuns, Danie, George (jr.) en Wynand, asook 13 kleinkinders en tien agterkleinkinders.

Comrades-rekord
Rigting Jaar Ouderdom Tyd Posisie Medalje
Op 1960 43 06:37:07 3 Goud
Af 1961 44 06:07:07 Goud Goud
Op 1968 51 08:38:35 93 Silwer
Af 1969 52 08:59:59 257 Silwer
Op 1970 53 08:39:44 201 Silwer
Af 1971 54 08:49:15 403 Silwer
Op 1972 55 09:15:25 429 Brons
Op 1975 58 10:37:00 1157 Brons
Af 1976 59 09:15:00 774 Brons
Op 1977 60 10:14:00 1253 Brons

BronWysig