Gila Gamliel
Gila Gamliel, Hebreeus: גילה גמליאל , (gebore 24 Februarie 1974 in Gedera) is 'n Israelse politikus wat aan die politieke party Likoed behoort.
Gila Gamliel גילה גמליאל | |
Minister van Inligtings
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 2 Januarie 2023 | |
Eerste minister | Benjamin Netanyahu |
---|---|
Voorafgegaan deur | Yariv Levin |
Minister van Omgewingsbeskerming
| |
Ampstermyn 17 Mei 2020 – 13 Junie 2021 | |
Eerste minister | Benjamin Netanyahu |
Voorafgegaan deur | Zeev Elkin |
Opgevolg deur | Tamar Zandberg |
Minister van Sosiale Gelykheid
| |
Ampstermyn 14 Mei 2015 – 17 Mei 2020 | |
Eerste minister | Benjamin Netanyahu |
Voorafgegaan deur | Uri Orbach |
Opgevolg deur | Itzik Shmuli |
Adjunk-minister vir Jeugdiges, Studente en Vroue
| |
Ampstermyn 1 April 2009 – 18 Maart 2013 | |
Eerste minister | Benjamin Netanyahu |
Adjunk-minister vir Landbou en Landelike Ontwikkeling
| |
Ampstermyn 30 Maart 2005 – 14 Januarie 2006 | |
Eerste minister | Benjamin Netanyahu |
Lid van die Knesset
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 24 Februarie 2009 | |
Ampstermyn 17 Februarie 2003 – 17 April 2006 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 24 Februarie 1974 Gedera, Israel |
Politieke party | Likoed |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Ben-Gurion Universiteit van die Negev Ono Academic College Bar-Ilan Universiteit |
Religie | Judaïsme |
Rang | Sersant |
Van 2003 tot 2006 was sy 'n lid van die Knesset gewees, die volksverteenwoordiging van Israel. Sedert 2009 is sy weer 'n lid van die Knesset. Van 2005 tot 2006 was sy adjunk-minister vir landbou en platteland in die Sharon II-kabinet gewees. Van 2009 tot 2013 was sy weer adjunk-minister gewees, hierdie keer vir jeugdiges, studente en vroue in die Netanyahu II-kabinet. Van 2015 tot 2020 was sy minister van Ouere in die Netanyahu IV-kabinet (in Augustus 2015 verander in minister van Sosiale Gelykheid) gewees. Van 2020 tot 2021 was sy minister van Omgewingsbeskerming in die Netanyahu-Gantz-kabinet. Sedert 2023 is sy minister van Inligtings in die Netanyahu VI-kabinet.
Gamliel het Midde-Oosterse geskiedenis en filosofie aan die Ben-Gurion Universiteit van die Negev studeer en was die voorsitter van die studenteraad gewees. Later het sy ook in die regte gestudeer aan die Ono Academic College en die Bar-Ilan Universiteit.
Gila Gamliel is vir die tweede keer getroud en woon in Tel Aviv.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gila Gamliel.
- (en) Gila Gamliel, webwerf van die Knesset.
- (en) Gila Gamliel, MK. Minister for Social Equality (Likud), lewensloop op die webwerf van die Israelse Ministerie van Buitelandse Sake.