Gladdeblaarsuikerbos

plantspesie
(Aangestuur vanaf Gladde-blaarsuikerbos)

Die gladdeblaarsuikerbos (Protea laevis) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom vanaf die Sederberg tot die Hexrivierberge en Waboomsberg voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die plant is plat, word 80 cm in deursnee en blom van September tot Februarie met die hoogtepunt van September tot November.

Gladdeblaarsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. laevis
Binomiale naam
Protea laevis
R.Br., (1810)
Sinonieme
  • Protea elongata R.Br.
  • Protea longifolia Salisb.
  • Protea zeyheri E.Phillips
  • Scolymocephalus elongatus (R.Br.) Kuntze
  • Scolymocephalus laevis (R.Br.) Kuntze

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, een tot twee jaar na dit geblom het vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei in droë, rotsagtige lyste op hoogtes van 1 000–1 800 m.

In Engels staan dit as die Smooth-leaf sugarbush bekend.

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig