Golf van Napels
Golf van Napels | |
---|---|
Satellietbeeld van die Golf van Napels | |
Kaart van die Golf van Napels | |
Koördinate: | 40°44′7″N 14°16′31″O / 40.73528°N 14.27528°O |
Ligging: | Italië |
Soort: | Golf van die Middellandse See |
Oppervlakte: | 870 km² |
Gemiddelde diepte: | 170 m |
Lengte: | 15 km |
Breedte: | 30 km |
Uitvloei: | Tirreense See |
Eiland/e: | Capri, Ischia, Procida |
Nedersettings: | Napels |
Die Golf van Napels (Italiaans: Golfo di Napoli, Napolitaans: Gurfo 'e Napule) is 'n baai aan die weskus van Suid-Italië in die Italiaanse streek Kampanië.
Aan die Golf van Napels lê (kloksgewys van noordwes na suidoos) die ruïnes van die ou Romeinse stad Baiae, die stad Pozzuoli met die Campi Flegrei, die stad Napels, die vulkaan Vesuvius met die opgrawings van die Romeinse stede Pompeji en Herculaneum en uiteindelik die stede Torre del Greco en Castellammare di Stabia. Aan die suidoostekant word die Golf van Napels deur die skiereiland van Sorrento begrens.
Die Golf van Napels word min of meer 'verleng' deur drie eilande: Capri in die suide en Ischia en Procida in die noorde. Verdere eilande is Vivara ten suidweste van Procida en Nisida (by Pozzuoli). In die middel van die Golf van Napels is daar egter geen eilande nie. Een moontlike verklaring hiervoor is dat die hele Golf van Napels die krater (kaldera) van 'n supervulkaan kan wees.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Golf van Napels.