Maak hoofkeuseskerm oop
Hierdie artikel handel oor die politikus. Vir die munisipaliteit, sien Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit.

Govan Archibald Mvuyelwa Mbeki (9 Julie 191030 Augustus 2001) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, en pa van die voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki en die politieke ekonoom Moeletsi Mbeki. Hy is vernoem na Edward Govan, 'n Skotse sendeling wat die Lovedale-kollege gestig het, waar hy dan ook skoolgegaan het.[2]

Govan Mbeki
Geboortenaam Govan Archibald Mvuyelwa Mbeki
Gebore (1910-07-09)9 Julie 1910
Mpukane, Nqamakwe, Unie van Suid-Afrika[1]
Oorlede 30 Augustus 2001 (op 91)
Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Bekend vir Anti-apartheidsaktivis
Huweliksmaat Epainette Mbeki
Kind(ers) Thabo Mbeki
Moeletsi Mbeki
Govan Mbeki se kitaar op Robbeneiland (Universiteit van Fort Hare-argief, 2016)

Hy was saam met Nelson Mandela die medestigter van die ANC-Jeugliga (ANCYL), die jeugorganisasie van die ANC.

Sy seun, Thabo Mbeki was die president van Suid-Afrika tussen 1999 en 2008.

Die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit is na hom genoem.

VerwysingsWysig

  1. (en) "Govan Archibald Mbeki". The O'Malley Archives. Besoek op 19 Desember 2013.
  2. "The Gov'nor". Financial Times (London). 14 Junie 2001.