Die heuningmagriet (Euryops virgineus) is 'n klein struik wat blom vanaf Julie tot September. Die plant is 'n digte, bosagtige struik met 'n fyn, donkergroen loof en baie klein, geel blommetjies. Dit benodig vol son en matige water en vorm 'n ronde bos van 1.5 tot 2 meter hoog.

Heuningmagriet
Euryops virgineus1.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
E. virgineus
Binomiale naam
Euryops virgineus
(L.f.) DC.

FotogaleryWysig

VerspreidingWysig

Die natuurlike habitat van hierdie struik is rivieroewers, heuwelhange en woudrande in die suide van die Wes-Kaap en Oos-Kaap.

EkologieWysig

Die Heuningmargriet lok baie bye wanneer dit blom.

TuinbouWysig

Hierdie vinnig-groeiende, immergroen struik vereis goedgedreineerde grond, met baie kompos en moet altyd in ‘n sonnige area geplant word. Dit is geskik vir ‘n nuwe tuin, aangesien dit so vinnig groei, maar moet elke 5 jaar vervang word. Snoei die Heuningmargriet nadat dit klaar geblom het, om te keer dat dit slordig begin lyk. Dit kan veral in die laatsomer hard gesnoei word.

Voortplanting geskied deur saad of steggies.

BronneWysig

Wikispecies het meer inligting oor: Euryops virgineus

Eksterne skakelsWysig