Hylton Nel

Suid-Afrikaanse keramiekkunstenaar

Hylton Nel (1941 in N’kana, Zambië) is ‘n Suid-Afrikaanse keramiekkunstenaar. Hy woon aan die buitewyke van Calitzdorp, 'n klein dorpie in die Klein Karoo.

Vroeë lewe

wysig

Nel, wat in 1941 in Zambië gebore is, het 'n Beeldende kunste-graad aan die Rhodes Universiteit in 1963 behaal. Hy het daarna na Europa verhuis waar hy voortgegaan het om skilderkuns en keramiek in Antwerpen te studeer. Hy kwalifiseer met ‘n diploma in keramiek aan die Koninklike Akademie vir Beeldende Kunste en die Hoër Instituut, Antwerpen in 1968. Daarna verhuis hy na die Verenigde Koninkryk en bedryf 'n antieke winkel.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika aan die begin van die 1970's het Nel hom in die land gevestig waar hy later 'n ateljee in Carlitzdorp in die Wes-Kaap geopen het. [1][2]

Dior samewerking

wysig

Hylton Nel het met die Franse modehuis Dior saamgewerk vir die bekendstelling van hul Lente/Somer 2025-modereeks.[3] Die samewerking is gelei deur Dior se kreatiewe direkteur, Kim Jones, wat Nel al sowat 12 jaar ken. Tydens die bekendstelling is vergrote weergawes van Nel se ikoniese keramiek katbeelde, prominent op die aanloopbaan vertoon. Hierdie vennootskap kombineer Dior se gesofistikeerde ontwerp-etos met Nel se unieke keramiekkuns.[4]

Geselekteerde solo-uitstallings

wysig
  • 2024: Things Made Over Time, Stevenson, Kaapstad, Suid-Afrika.
  • 2023: This plate is what I have to say, Charleston, East Sussex, VK.
  • 2022: Bowls, Stevenson, Johannesburg, Suid-Afrika.
  • 2020/2021: Plates and Bowls, Old and New, Stevenson, Kaapstad, Suid-Afrika.
  • 2017: Hylton Nel: For Use and Display, The Fine Art Society, Londen.
  • 2010: Cats and Other Creatures, Stevenson, Kaapstad, Suid-Afrika.
  • 2009: Recent Ceramics, Stevenson, Kaapstad, Suid-Afrika.
  • 2005: Recent Works, Stevenson, Kaapstad, Suid-Afrika.
  • 2003/2004: Recent Works, Stevenson, Kaapstad, Suid-Afrika.
  • 2001: Retrospective Exhibition at the King George VI Art Gallery, Port Elizabeth, Suid-Afrika.
  • 2001-2: Hylton Nel Retrospective Exhibition, Standard Bank National Festival of the Arts, Makhanda; Tatham Art Gallery.
  • 1997: New Ceramics by Hylton Nel, The Fine Art Society, Londen, VK.
  • 1996: Hylton Nel - A Prayer for Good Governance, The Fine Art Society, Londen, VK.
  • 1989: Gay Rights Re-Writes, Gertrude Posel Gallery, Johannesburg, Suid-Afrika.[2]

Verwysings

wysig
  1. Artist, Hylton Nel, https://www.alveston.london/artist/hylton-nel/ Besoek op 13 Oktober 2024.
  2. 2,0 2,1 CV, Hylton Nel by https://hyltonnel.co.za/About Besoek op 13 Oktober 2024.
  3. ceconline.co.za, 24 Junie 2024, Kim Jones’ Dior collaborates with South African ceramicist Hylton Nel for SS25. https://ceconline.co.za/kim-jones-dior-collaborates-with-south-african-ceramicist-hylton-nel-for-ss25/ Besoek 13 Oktober 2024.
  4. Jack Moss, 21 Junie 2024, Features Dior Men’s cat-filled set was a collaboration with ceramic artist Hylton Nel, Wallpaper,com, https://www.wallpaper.com/fashion-beauty/dior-men-ss-2025-set-kim-jones-hylton-nel Besoek 13 Oktober 2024.