Internasionale Bofbalfederasie

Die Internasionale Bofbalfederasie (Engels: International Baseball Federation, IBAF; Spaans: Federación Internacional de Béisbol, Frans: Fédération internationale de baseball) is die voormalige wêreldwye beheerliggaam wat deur die Internasionale Olimpiese Komitee erken is as die gesagsliggaam wat bofbal organiseer, bindende besluite daaroor maak en die beleid van die sport bofbal uitvoer. Die IBAF het sedertdien die internasionale "Bofbalafdeling" van die Wêreld-bofbal-sagtebalkonfederasie (WBSC) – die amptelik erkende beheerliggaam vir bofbal (en sagtebal) – geword. Een van die IBAF se hoofverantwoordelikhede onder die WBSC is die organisering, standaardisering en sanksionering van internasionale kompetisies tussen bofbal se 124 nasionale beheerliggame, deur die organisering van verskeie toernooie om 'n wêreldkampioen aan te wys en die IBAF-wêreldranglys vir beide mans- en vrouebofbal te bereken. Voor die stigting van die Wêreld-bofbal-sagtebalkonfederasie, wat sedertdien die gesagsposisie van die Internasionale Bofbalfederasie vervang het, was die IBAF die enigste entiteit wat die titel "wêreldkampioen" kon toewys aan enige verteenwoordigende bofbalspan. Die IBAF se kantore is geleë binne die WBSC-hoofkwartier in Lausanne, Switserland — die Olimpiese Hoofstad.

Internasionale Bofbalfederasie
Engelse naam International Baseball Federation
Franse naam Fédération internationale de baseball
Spaanse naam Federación Internacional de Béisbol
Afkorting IBAF
Land wêreldwyd
Sportsoorte Bofbal
Stigting 1938
President Riccardo Fraccari
Setel Lausanne, Switserland
Lede 124 nasionale federasies
Affiliasie Wêreld-bofbal-sagtebalkonfederasie
Amptelike tale Engels, Frans, Spaans
Amptelike webwerf ibaf.com

Eksterne skakelsWysig


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.