Jeļena Ostapenko
Jeļena Ostapenko, ook bekend as Aļona Ostapenko[3] (gebore in Riga, 8 Junie 1997), is 'n Letse tennisspeler. Sy het op vyf begin tennis speel. Haar gunstelingoppervlak is hardebaan. Sy speel regshandig en het 'n dubbelhand-rughand.[1]
Jeļena Ostapenko tydens die Franse Ope in 2022 | ||
Volle naam | Jeļena Ostapenko | |
---|---|---|
Land | Letland | |
Woonplek | Riga, Letland | |
Geboortedatum | 8 Junie 1997[1] | |
Geboorteplek | Riga, Letland[1] | |
Lengte | 1,77 m[1] | |
Afrigter | Stas Khmarsky, Jeļena Jakovļeva[1] | |
Begin professioneel | 2012[1] | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $16 185 764 (soos op 9 September 2024)[1] (32ste van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 371–225 (62,2%)[1] | |
Loopbaantitels | 8 WTA,[1] 7 ITF | |
Hoogste rang | No. 5 (19 Maart 2018)[1] | |
Huidige rang | No. 12 (9 September 2024)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | KE (2023) | |
Franse Ope | W (2017) | |
Wimbledon | HE (2018) | |
VSA-Ope | 3R (2017, 2018, 2019) | |
Groot toernooie | ||
WTA-kampioenskap | RR (2017) | |
Olimpiese Spele | 1R (2016, 2020, 2024) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 236–153 (60,7%)[1] | |
Loopbaantitels | 9 WTA,[1] 8 ITF | |
Hoogste rang | No. 7 (12 September 2022)[1] | |
Huidige rang | No. 6 (9 September 2024)[1] | |
Australiese Ope | E (2024) | |
Franse Ope | HE (2022) | |
Wimbledon | HE (2022) | |
VSA-Ope | W (2024) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
WTA-kampioenskap | HE (2022) | |
Olimpiese Spele | 1R (2020) | |
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | ||
Loopbaantitels | 0 | |
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
Australiese Ope | KE (2023) | |
Franse Ope | 1R (2017, 2018, 2023) | |
Wimbledon | E (2019) | |
VSA-Ope | KE (2022) | |
Laaste opgedateer op: 9 September 2024. |
In 2015 kry sy 'n loslootjie om by die Wimbledon-kampioenskap te speel, wat haar grandslamdebuut inlui. Later daardie jaar speel sy die eerste keer tydens die Quebec-toernooi in 'n WTA-eindstryd. In 2016 vorder sy tot die eindrondte tydens die "Premier Five"-toernooi in Doha, en so ook in 2017 tydens die Charleston-toernooi.
In 2017 behaal Ostapenko haar eerste WTA-titel op die dubbelspeltoernooi in Sint Petersburg (saam met die Poolse Alicja Rosolska).
In 2017 wen sy ook die enkelspel op Roland Garros, haar eerste grandslamtitel, asook die eerste vir 'n speler uit Letland. Sy het eers vir Louisa Chirico, Mónica Puig, Lesja Tsoerenko en Samantha Stosur uitgestof, waarna sy Caroline Wozniacki in die kwarteindronde klop, vir Timea Bacsinszky in die halfeindronde, en die derde gekeurde Simona Halep in die eindstryd verslaan. Haar oorwinning as ongeplaaste speler op Roland Garros is die eerste sedert dié van Margaret Scriven in 1933.[4]
Grand Slam-rekord
wysigDie tabel toon Ostapenko se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
2015 | Nie deelgeneem nie | K1 | Rondte 2 | Rondte 2 |
2016 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 1 |
2017 | Rondte 3 | Wenner | Kwarteindstryd | Rondte 3 |
2018 | Rondte 3 | Rondte 1 | Halfeindstryd | Rondte 3 |
2019 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 3 |
2020 | Rondte 2 | Rondte 3 | Toernooi nie gehou nie | Nie deelgeneem nie |
2021 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 3 | Nie deelgeneem nie |
2022 | Rondte 3 | Rondte 2 | Rondte 4 | Rondte 1 |
2023 | Kwarteindstryd | Rondte 2 | Rondte 2 | Kwarteindstryd |
2024 | Rondte 3 | Rondte 2 | Kwarteindstryd | Rondte 1 |
Verwysings
wysig- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 (en) "Jelena Ostapenko". Women's Tennis Association. Besoek op 9 September 2024.
- ↑ (en) "Career Prize Money Leaders" (PDF). Women's Tennis Association. 9 September 2024. Besoek op 9 September 2024.
- ↑ (lv) "Aļona Ostapenko: 'Neviens mani nav tā apmācījis. Tas vienkārši ir stils, kurā spēlēju'". Latvijas Avīze. 12 Junie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2018. Besoek op 28 Januarie 2019.
- ↑ (en) "2017 results". CBSSports.com. Besoek op 28 Januarie 2019.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jeļena Ostapenko.
- (en) Jeļena Ostapenko se ITF-profiel
- (en) Jeļena Ostapenko se WTA-profiel
- (en) Jeļena Ostapenko in die Internet-rolprentdatabasis