Jupiter se natuurlike satelliete
Jupiter het 95 mane met bevestigde wentelbane, soos in 2023.[1] Dit sluit nie 'n paar maantjies van omtrent 'n meter breed in wat vermoedelik deur die binnemane afgewerp word nie, en ook nie honderde onreëlmatige buitemane van omtrent 'n kilometer breed wat net vir kort rukke deur teleskope waargeneem is nie.[2]
Die grootstes van sy natuurlike satelliete, die vier mane van Galilei, is in 1610 deur Galileo Galilei ontdek en was die eerste voorwerpe wat gevind is wat om ’n liggaam wentel wat nie óf die Aarde óf die Son is nie. Sedert die einde van die 19de eeu is tientalle kleiner Jupiter-mane ontdek wat die name gekry het van minnaresse of dogters van die Romeinse god Jupiter of van sy Griekse eweknie, Zeus. Die mane van Galilei is verreweg die grootste voorwerpe wat om Jupiter wentel, met die oorblywende 91 mane en die ringe wat saam net 0,003 persent van die hele Jupiter-stelsel uitmaak.
Agt van Jupiter se mane is reëlmatige satelliete. Hulle wentel dus in dieselfde rigting as wat die planeet draai en het redelik sirkelvormige wentelbane. Die vier mane van Galilei is ellipsvormig omdat hulle planetêre massa het en sou dus as dwergplanete geklassifiseer gewees het as hulle direk om die son gedraai het. Die vier ander reëlmatige satelliete is baie kleiner en nader aan Jupiter; hulle is die bron van die ruimtestof wat Jupiter se ringe uitmaak.
Die res van Jupiter se mane is onreëlmatig. Hul wentelbane is verder van die planeet af en het groot hellingshoeke en wentelbaanafwykings. Hierdie mane is waarskynlik van ’n ander wentelbaan om die son aangetrek en in ’n baan om Jupiter gevange gehou. Daar is 16 onlangs ontdekte onreëlmatige satelliete wat nog nie name gekry het nie.
Eienskappe
wysigDie mane se fisiese en wentelbaan-eienskappe wissel in ’n groot mate. Die vier mane van Galilei het almal ’n deursnee van meer as 3 100 km. Die grootste een, Ganimedes, is die negende grootste voorwerp in ons sonnestelsel, naas die Son en sewe van die planete (Ganimedes is groter as Mercurius). Al die ander mane is kleiner as 250 km in deursnee – sommige is skaars 5 km. Die vorms van hul wentelbane wissel van feitlik volmaak rond tot hoogs afwykend en skuins, en baie wentel in die teenoorgestelde rigting as wat Jupiter draai. Omwentelings wissel van sewe uur (korter as die tyd wat Jupiter om sy eie as draai) tot feitlik drie aardjare.
Oorsprong en evolusie
wysigJupiter se reëlmatige satelliete het waarskynlik ontstaan uit ’n ring gas en soliede ruimteafval wat aanvanklik om die planeet bestaan het.[3][4] Dit kon die oorblyfsels gewees het van groot satelliete wat vroeg in Jupiter se geskiedenis bestaan het.[3][5]
Die buitenste, onreëlmatige mane was vermoedelik asteroïdes wat verby Jupiter beweeg en deur hierdie ring in ’n wentelbaan vasgevang is. Baie het opgebreek weens die spanning wat dit veroorsaak het of deur botsings met ander, kleiner liggame tot hulle hul huidige vorms aangeneem het.[6]
Ontdekking
wysigDie eerste sterrekundige wat gemeld het hy het een van Jupiter se mane gesien, was die Chinees Gan De, omstreeks 364 v.C.[7] Die eerste bevestigde waarneming van Jupiter-mane was egter dié van Galileo Galilei in 1609.[8] Teen Maart 1610 het hy die vier grootste mane gesien met sy teleskoop met ’n 30x-vergroting:[9] Io, Europa, Ganimedes en Kallisto. Geen verdere mane is ontdek nie totdat Edward Emerson Barnard die maan Amaltea in 1892 ontdek het.[10] Met behulp van teleskopiese fotografie is verskeie ander ontdekkings in die loop van die 20ste eeu gedoen. Himalia is in 1904 ontdek,[11] Elara in 1905,[12] Pasifaë in 1908,[13] Sinope in 1914,[14] Lisitea en Karme in 1938,[15] Ananke in 1951,[16] en Leda in 1974.[17]
Teen die tyd dat die Voyager-ruimtetuie Jupiter in die laat 1970's bereik het, was 13 mane reeds ontdek; Temisto is in 1975 waargeneem,[18] maar weens te min aanvanklike waarnemingsdata is dit nie weer waargeneem nie tot in 2000. Die Voyager-sendings het nog drie binneste mane in 1979 ontdek: Metis, Adrastea en Tebe.[19]
Vir die volgende twee dekades is geen nuwe mane om Jupiter ontdek nie. Tussen Oktober 1999 en Februarie 2003 het waarnemers met sensitiewe opspoorders op die Aarde egter nog 32 mane gevind – die meeste deur ’n span onder Scott S. Sheppard en David C. Jewitt.[20] Dié mane is klein en het lang, afwykende wentelbane, meestal in die teenoorgestelde rigting as wat Jupiter om sy eie as draai. Hulle is gemiddeld 3 km in deursnee; die grootste een is 9 km. Al die mane is vermoedelik asteroïde- of komeetagtige voorwerpe wat moontlik in kleiner stukke opgebreek het, maar min is eintlik van hulle bekend. Sedertdien is nog verskeie mane ontdek, maar hulle het voorlopige name en hul wentelbane is nog nie bevestig nie.
Name
wysigDie mane van Galilei – Io, Europa, Ganimedes en Kallisto – is deur Simon Marius name gegee kort ná hul ontdekking in 1610.[21] Die name het daarna egter ongewild geraak tot in die 20ste eeu: daar is na hulle verwys as "Jupiter I" tot "Jupiter IV", of "die eerste satelliet van Jupiter", ens.[21] Die oorspronklike name is weer in die 20ste eeu begin gebruik, terwyl die ander mane naamloos gebly het en gewoonlik in Romeinse syfers genommer is.[22] Jupiter V, wat in 1892 ontdek is, is "Amaltea" genoem, hoewel die naam nieamptelik was.[20]
In 1975 het ’n taakgroep van die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) name aan satelliet V tot XIII gegee,[23] en ’n amptelike benamingsproses daargestel vir toekomstige mane wat ontdek word.[23] Die praktyk was om nuut ontdekte mane te noem na minnaars van die god Jupiter/Zeus, en sedert 2004 ook na hul kinders.[24] Al die mane van XXXIV (Euporië) af is genoem na dogters van Jupiter/Zeus.[24]
Party asteroïdes het dieselfde name as mane van Jupiter: 9 Metis, 38 Leda, 52 Europa, 85 Io, 113 Amaltea, 239 Adrastea, 1036 Ganimedes en 204 Kallisto
Groepe
wysigReëlmatige satelliete
wysigHulle word in twee groepe verdeel:
- Binneste satelliete of Amaltea-groep: Metis, Adrastea, Amaltea en Tebe. Hulle wentel baie naby aan Jupiter; die binneste twee in minder as ’n Jupiter-dag. Die ander twee is die planeet se vyfde en sewende grootste maan. Daar word vermoed minstens Amaltea het nie in sy huidige wentelbaan ontstaan nie, maar verder weg, of dat dit ’n liggaam in die sonnestelsel was wat deur Jupiter in ’n wentelbaan vasgevang is.[25] Hierdie mane, saam met ander binneste mane wat nog nie waargeneem is nie, voed Jupiter se dowwe ringstelsel. Metis en Adrastea voed Jupiter se hoofring, terwyl Amaltea en Tebe elk hul eie dowwe ringe het.[26][27]
- Hoofgroep of mane van Galilei: Io, Europa, Ganimedes en Kallisto. Met groter radiusse as enige van die dwergplanete is hulle van die grootste voorwerpe in die sonnestelsel. (Ganimedes is groter as Mercurius.) Hulle beslaan 99,999% van die totale massa van die voorwerpe wat om Jupiter wentel. Daar word vermoed hulle het ontstaan deur mettertyd materie aan te trek in die laedigtheid-newel om Jupiter – ’n skyf van gas en stof wat om Jupiter bestaan het ná sy vorming. Dit kon tot 10 miljoen jaar geduur het in die geval van Kallisto.[28]
Onreëlmatige satelliete
wysigHulle is die aansienlik kleiner voorwerpe wat heelwat verder van Jupiter af lê en afwykende wentelbane het. Hulle vorm families waarvan die wentelbane en samestelling ooreenstem. Daar word geglo hulle het ontstaan in botsings tussen groter (maar steeds klein) voorwerpe en asteroïdes wat deur Jupiter se swaartekragveld aangetrek is. Dié families het die name van die grootste voorwerp binne die familie. Die indeling van die families in tentatief, maar die volgende indeling is tipies:[29][30][31]
- Satelliete wat in dieselfde rigting as Jupiter draai:
- Die Himalia-groep is oor skaars 1,4 gigameter (Gm) versprei en het dalk ontstaan uit ’n asteroïde uit die Asteroïdegordel wat uitmekaargespat het.[30]
- Karpo is die verste maan wat in dieselfde rigting as Jupiter draai en is nie lid van ’n bekende familie nie.[29]
- Satelliete wat in ’n teenoorgestelde rigting as Jupiter draai:
- S/2003 J 12 is die naaste van dié mane en nie lid van ’n bekende familie nie.
- Die Karme-groep is oor net 1,2 Gm versprei. Die mane se kleur stem ooreen (ligrooi) en het waarskynlik uit ’n trojaan-asteroïde ontstaan.[32]
- Die Ananke-groep is wyer versprei as die vorige groepe, oor 2,4 Gm. Die meeste is grys en het waarskynlik uit ’n asteroïde ontstaan wat uitmekaargespat het.[32]
- Die Pasifaë-groep is taamlik versprei, oor 1,3 Gm. Die kleure verskil aansienlik, van rooi tot grys, en hulle het dus waarskynlik uit verskeie botsings ontstaan. Sinope verskil genoeg van die ander dat dit dalk apart deur Jupiter aangetrek is.[30]
- S/2003 J 2 is die heel buitenste maan en nie lid van ’n bekende familie nie.
Jupiter se 66 mane
wysigDie mane van Jupiter word gelys volgens wentelperiodes. Die binneste vier mane word op ’n wit agtergrond en die mane van Galilei in vet met ’n blou agtergrond hieronder aangedui. Die onreëlmatige satelliete wat in dieselfde rigting wentel as wat Jupiter draai, het ’n liggrys agtergrond en dié wat in ’n teenoorgestelde rigting wentel, ’n donkergrys agtergrond. [33]
Volgorde | Romeinse nommer |
Naam |
IFA- uitspraak |
Foto | Deursnee |
Massa (x1016 kg) |
Half-as (km) |
Wentelperiode (dae)[nota 1] |
Inklinasie (°) |
Afwyking |
Ontdek in | Ontdekker | Groep |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | XVI | Metis | ˈmiːtɨs | 60×40×34 | ~3.6 | 127 690 | +7h 4 m 29s | 0,06°[34] | 0,000 02 | 1979 | Stephen P. Synnott (Voyager 1) |
Binne | |
2 | XV | Adrastea | ˌædrəˈstiːə | 20×16×14 | ~0,2 | 128 690 | +7h 9 m 30s | 0,03°[34] | 0,0015 | 1979 | David C. Jewitt (Voyager 2) |
Binne | |
3 | V | Amaltea | ˌæməlˈθiːə | 167 ± 4,0 km 250×146×128 |
208 | 181 366 | +11h 57 m 23s | 0,374°[34] | 0,0032 | 1892 | Edward Emerson Barnard | Binne | |
4 | XIV | Tebe | ˈθiːbiː | 116×98×84 | ~43 | 221 889 | +16h 11 m 17s | 1,076°[34] | 0,0175 | 1979 | Synnott (Voyager 1) |
Binne | |
5 | I | Io | ˈaɪ.oʊ | 3 660 ×3 637,4 ×3 630,6 |
8 931 900 | 421 700 | +1,769 1 | 0,050°[34] | 0,0041 | 1610 | Galileo Galilei | Galilei | |
6 | II | Europa | jʊˈroʊpə | 3 121,6 | 4 800 000 | 671 034 | +3.551 2 | 0,471°[34] | 0,0094 | 1610 | Galilei | Galilei | |
7 | III | Ganimedes | ˈɡænɨmiːd | 5 262,4 | 14 819 000 | 1 070 412 | 7.154 6 | 0,204°[34] | 0,0011 | 1610 | Galilei | Galilei | |
8 | IV | Kallisto | kəˈlɪstoʊ | 4 820,6 | 10 759 000 | 1 882 709 | +16,689 | 0,205°[34] | 0,0074 | 1610 | Galilei | Galilei | |
9 | XVIII | Temisto | θɨˈmɪstoʊ | 8 | 0,069 | 7 393 216 | +129.87 | 45,762° | 0,2115 | 1975/2000 | Charles T. Kowal & Elizabeth Roemer/Scott S. Sheppard et al. | Temisto | |
10 | XIII | Leda | ˈliːdə | 16 | 0,6 | 11 187 781 | +241,75 | 27,562° | 0,1673 | 1974 | Kowal | Himalia | |
11 | VI | Himalia | haɪˈmeɪliə | 170 | 670 | 11 451 971 | +250,37 | 30,486° | 0,1513 | 1904 | Charles Dillon Perrine | Himalia | |
12 | X | Lisitea | laɪˈsɪθiːə | 36 | 6,3 | 11 740 560 | +259,89 | 27,006° | 0,1322 | 1938 | Seth Barnes Nicholson | Himalia | |
13 | VII | Elara | ˈɛlərə | 86 | 87 | 11 778 034 | +261,14 | 29,691° | 0,1948 | 1905 | Perrine | Himalia | |
14 | XLVI | Karpo | ˈkɑrpoʊ | 3 | 0,004 5 | 17 144 873 | +458,62 | 56,001° | 0,2735 | 2003 | Sheppard et al. | Karpo | |
15 | — | S/2003 J 12 | 1 | 0,000 15 | 17 739 539 | −482,69 | 142,680° | 0,4449 | 2003 | Sheppard et al. | ? | ||
16 | XXXIV | Euporië | juːˈpɒrɨ.iː | 2 | 0,001 5 | 19 088 434 | −538,78 | 144,694° | 0,0960 | 2002 | Sheppard et al. | Ananke | |
17 | — | S/2003 J 3 | 2 | 0,001 5 | 19 621 780 | −561,52 | 146,363° | 0,2507 | 2003 | Sheppard et al. | Ananke | ||
18 | — | S/2003 J 18 | 2 | 0,001 5 | 19 812 577 | −569,73 | 147,401° | 0,1569 | 2003 | Gladman et al. | Ananke | ||
19 | — | S/2011 J 1 | 1 | – | 20 155 290 | −582,22 | 162,8° | 0,2963 | 2011 | Sheppard et al. | ? | ||
20 | — | S/2010 J 2 | 1 | 20 307 150 | −588,1 | 150,4° | 0,307 | 2010 | Veillet | Ananke ? | |||
21 | XLII | Telksinoë | θɛlkˈsɪnɵʊiː | 2 | 0,001 5 | 20 453 753 | −597,61 | 151,292° | 0,2684 | 2003 | Sheppard et al. | Ananke | |
22 | XXXIII | Euante | juːˈænθiː | 3 | 0,004 5 | 20 464 854 | −598,09 | 143,409° | 0,2000 | 2002 | Sheppard et al. | Ananke | |
23 | XLV | Helike | ˈhɛlɨkiː | 4 | 0,009 0 | 20 540 266 | −601,40 | 154,586° | 0,1374 | 2003 | Sheppard et al. | Ananke | |
24 | XXXV | Ortosie | ɔrˈθɒsɨ.iː | 2 | 0,001 5 | 20 567 971 | −602,62 | 142,366° | 0,2433 | 2002 | Sheppard et al. | Ananke | |
25 | XXIV | Iokaste | ˌaɪ.ɵˈkæstiː | 5 | 0,019 | 20 722 566 | −609,43 | 147,248° | 0,2874 | 2001 | Sheppard et al. | Ananke | |
26 | — | S/2003 J 16 | 2 | 0,001 5 | 20 743 779 | −610,36 | 150,769° | 0,3184 | 2003 | Gladman et al. | Ananke | ||
27 | XXVII | Praksidike | prækˈsɪdɨkiː | 7 | 0,043 | 20 823 948 | −613,90 | 144,205° | 0,1840 | 2001 | Sheppard et al. | Ananke | |
28 | XXII | Harpalike | hɑrˈpælɨkiː | 4 | 0,012 | 21 063 814 | −624,54 | 147,223° | 0,2440 | 2001 | Sheppard et al. | Ananke | |
29 | XL | Mneme | ˈniːmiː | 2 | 0,001 5 | 21 129 786 | −627,48 | 149,732° | 0,3169 | 2003 | Brett J. Gladman et al. | Ananke | |
30 | XXX | Hermippe | hərˈmɪpiː | 4 | 0,009 0 | 21 182 086 | −629,81 | 151,242° | 0,2290 | 2002 | Sheppard et al. | Ananke ? | |
31 | XXIX | Tione | θaɪˈoʊniː | 4 | 0,009 0 | 21 405 570 | −639,80 | 147,276° | 0,2525 | 2002 | Sheppard et al. | Ananke | |
32 | XII | Ananke | əˈnæŋkiː | 28 | 3,0 | 21 454 952 | −642,02 | 151,564° | 0,3445 | 1951 | Nicholson | Ananke | |
33 | L | Herse | ˈhɜrsiː | 2 | 0,001 5 | 22 134 306 | −672,75 | 162,490° | 0,2379 | 2003 | Gladman et al. | Karme | |
34 | XXXI | Aitne | ˈaɪtniː | 3 | 0,004 5 | 22 285 161 | −679,64 | 165,562° | 0,3927 | 2002 | Sheppard et al. | Karme | |
35 | XXXVII | Kale | ˈkeɪliː | 2 | 0,001 5 | 22 409 207 | −685,32 | 165,378° | 0,2011 | 2002 | Sheppard et al. | Karme | |
36 | XX | Taigete | teɪˈɪdʒɨtiː | 5 | 0,016 | 22 438 648 | −686,67 | 164,890° | 0,3678 | 2001 | Sheppard et al. | Karme | |
37 | — | S/2003 J 19 | 2 | 0,001 5 | 22 709 061 | −699,12 | 164,727° | 0,1961 | 2003 | Gladman et al. | Karme | ||
38 | XXI | Chaldene | kælˈdiːniː | 4 | 0,007 5 | 22 713 444 | −699,33 | 167,070° | 0,2916 | 2001 | Sheppard et al. | Karme | |
39 | — | S/2003 J 15 | 2 | 0,001 5 | 22 720 999 | −699,68 | 141,812° | 0,0932 | 2003 | Sheppard et al. | Ananke ? | ||
40 | — | S/2003 J 10 | 2 | 0,001 5 | 22 730 813 | −700,13 | 163,813° | 0,3438 | 2003 | Sheppard et al. | Karme ? | ||
41 | — | S/2003 J 23 | 2 | 0,001 5 | 22 739 654 | −700,54 | 148,849° | 0,3930 | 2004 | Sheppard et al. | Pasifaë | ||
42 | XXV | Erinome | ɨˈrɪnɵmiː | 3 | 0,004 5 | 22 986 266 | −711,96 | 163,737° | 0,2552 | 2001 | Sheppard et al. | Karme | |
43 | XLI | Aoede | eɪˈiːdiː | 4 | 0,009 0 | 23 044 175 | −714,66 | 160,482° | 0,6011 | 2003 | Sheppard et al. | Pasifaë | |
44 | XLIV | Kallichore | kəˈlɪkɵriː | 2 | 0,001 5 | 23 111 823 | −717,81 | 164,605° | 0,2041 | 2003 | Sheppard et al. | Karme ? | |
45 | XXIII | Kalike | ˈkælɨkiː | 5 | 0,019 | 23 180 773 | −721,02 | 165,505° | 0,2139 | 2001 | Sheppard et al. | Karme | |
46 | XI | Karme | ˈkɑrmiː | 46 | 13 | 23 197 992 | −721,82 | 165,047° | 0,2342 | 1938 | Nicholson | Karme | |
47 | XVII | Kallirroë | kəˈlɪrɵʊiː | 9 | 0,087 | 23 214 986 | −722,62 | 139,849° | 0,2582 | 2000 | Spahr, Scotti | Pasifaë | |
48 | XXXII | Euridome | jʊˈrɪdəmiː | 3 | 0,004 5 | 23 230 858 | −723,36 | 149,324° | 0,3769 | 2002 | Sheppard et al. | Pasifaë ? | |
49 | — | S/2011 J 2 | 1 | – | 23 329 710 | −725,06 | 151,8° | 0,3867 | 2011 | Sheppard et al. | Pasifaë ? | ||
50 | XXXVIII | Pasiteë | pəˈsɪθɨ.iː | 2 | 0,001 5 | 23 307 318 | −726,93 | 165,759° | 0,3288 | 2002 | Sheppard et al. | Karme | |
51 | — | S/2010 J 1 | 2 | 23 314 335 | −723,2 | 163,2° | 0,320 | 2010 | Jacobson et al. | Pasifaë ? | |||
52 | XLIX | Kore | ˈkɔəriː | 2 | 0,001 5 | 23 345 093 | −776,02 | 137,371° | 0,1951 | 2003 | Sheppard et al. | Pasifaë | |
53 | XLVIII | Killene | sɨˈliːniː | 2 | 0,001 5 | 23 396 269 | −731,10 | 140,148° | 0,4115 | 2003 | Sheppard et al. | Pasifaë | |
54 | XLVII | Eukelade | juːˈkɛlədiː | 4 | 0,009 0 | 23 483 694 | −735,20 | 163,996° | 0,2828 | 2003 | Sheppard et al. | Karme | |
55 | — | S/2003 J 4 | 2 | 0,001 5 | 23 570 790 | −739,29 | 147,175° | 0,3003 | 2003 | Sheppard et al. | Pasifaë | ||
56 | VIII | Pasifaë | pəˈsɪfeɪ.iː | 60 | 30 | 23 609 042 | −741,09 | 141,803° | 0,3743 | 1908 | Philibert Jacques Melotte | Pasifaë | |
57 | XXXIX | Hegemone | hɨˈdʒɛməniː | 3 | 0,004 5 | 23 702 511 | −745,50 | 152,506° | 0,4077 | 2003 | Sheppard et al. | Pasifaë | |
58 | XLIII | Arche | ˈɑrkiː | 3 | 0,004 5 | 23 717 051 | −746,19 | 164,587° | 0,1492 | 2002 | Sheppard et al. | Karme | |
59 | XXVI | Isonoë | aɪˈsɒnɵʊiː | 4 | 0,007 5 | 23 800 647 | −750,13 | 165,127° | 0,1775 | 2001 | Sheppard et al. | Karme | |
60 | — | S/2003 J 9 | 1 | 0,000 15 | 23 857 808 | −752,84 | 164,980° | 0,2761 | 2003 | Sheppard et al. | Karme | ||
61 | — | S/2003 J 5 | 4 | 0,009 0 | 23 973 926 | −758,34 | 165,549° | 0,3070 | 2003 | Sheppard et al. | Karme | ||
62 | IX | Sinope | sɨˈnoʊpiː | 38 | 7,5 | 24 057 865 | −762,33 | 153,778° | 0,2750 | 1914 | Nicholson | Pasifaë | |
63 | XXXVI | Sponde | ˈspɒndiː | 2 | 0,001 5 | 24 252 627 | −771,60 | 154,372° | 0,4431 | 2002 | Sheppard et al. | Pasifaë | |
64 | XXVIII | Autonoë | ɔːˈtɒnɵʊiː | 4 | 0,009 0 | 24 264 445 | −772,17 | 151,058° | 0,3690 | 2002 | Sheppard et al. | Pasifaë | |
65 | XIX | Megaklite | ˌmɛɡəˈklaɪtiː | 5 | 0,021 | 24 687 239 | −792,44 | 150,398° | 0,3077 | 2001 | Sheppard et al. | Pasifaë | |
66 | — | S/2003 J 2 | 2 | 0,001 5 | 30 290 846 | −981,55 | 153,521° | 0,1882 | 2003 | Sheppard et al. | ? |
Notas
wysig- ↑ Periodes met ’n negatiewe waarde beweeg in ’n teenoorgestelde rigting.
Verwysings
wysig- ↑ Hecht, Jeff (31 Januarie 2023). "Astronomers Find a Dozen More Moons for Jupiter". Sky & Telescope. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2023. Besoek op 1 Februarie 2023.
- ↑ Sheppard, Scott S. "Moons of Jupiter". Earth & Planets Laboratory. Carnegie Institution for Science. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2019. Besoek op 7 Januarie 2023.
- ↑ 3,0 3,1 Canup, Robert M.; Ward, William R. (2009). "Origin of Europa and the Galilean Satellites". Europa. University of Arizona Press (in press). Bibcode:2008arXiv0812.4995C.
- ↑ Alibert, Y.; Mousis, O. en Benz, W. (2005). "Modeling the Jovian subnebula I. Thermodynamic conditions and migration of proto-satellites". Astronomy & Astrophysics. 439 (3): 1205–13.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Chown, Marcus (7 Maart 2009). "Cannibalistic Jupiter ate its early moons". New Scientist (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2015. Besoek op 18 Maart 2009.
- ↑ Jewitt, David; Haghighipour, Nader (2007). "Irregular Satellites of the Planets: Products of Capture in the Early Solar System" (PDF). Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 45 (1): 261–95. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2007. Besoek op 22 Julie 2012.
- ↑ Xi, Zezong Z. (1981). "The Discovery of Jupiter's Satellite Made by Gan De 2000 years Before Galileo". Acta Astrophysica Sinica. 1 (2): 87.
- ↑ Galilei, Galileo (1989). Vert. Albert van Helden (red.). Sidereus Nuncius. Chicago & Londen: University of Chicago Press. pp. 14–16. ISBN 0-226-27903-0.
- ↑ Van Helden, Albert (Maart 1974). "The Telescope in the Seventeenth Century". Isis. The University of Chicago Press namens The History of Science Society. 65 (1): 38–58. doi:10.1086/351216.
- ↑ Barnard, E. E. (1892). "Discovery and Observation of a Fifth Satellite to Jupiter". Astronomical Journal. 12: 81–85. doi:10.1086/101715.
- ↑ "Discovery of a Sixth Satellite of Jupiter". Astronomical Journal. 24 (18): 154B, . 9 Januarie 1905. doi:10.1086/103654.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) - ↑ Perrine, C. D. (1905). "The Seventh Satellite of Jupiter". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 17 (101): 62–63.
- ↑ Melotte, P. J. (1908). "Note on the Newly Discovered Eighth Satellite of Jupiter, Photographed at the Royal Observatory, Greenwich". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 68 (6): 456–457. Bibcode:1908MNRAS..68..456.
- ↑ Nicholson, S. B. (1914). "Discovery of the Ninth Satellite of Jupiter". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 26: 197–198. Bibcode:1914PASP...26..197N. doi:10.1086/122336.
- ↑ Nicholson, S.B. (1938). "Two New Satellites of Jupiter". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 50: 292–293. Bibcode:1938PASP...50..292N. doi:10.1086/124963.
- ↑ Nicholson, S. B. (1951). "An unidentified object near Jupiter, probably a new satellite". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 63 (375): 297–299. doi:10.1086/126402.
- ↑ Kowal, C. T.; Aksnes, K.; Marsden, B. G.; en Roemer, E. (1974). "Thirteenth satellite of Jupiter". Astronomical Journal. 80: 460–464. doi:10.1086/111766.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Marsden, Brian G. (3 Oktober 1975). "Probable New Satellite of Jupiter" (Telegram oor ontdekking). International Astronomical Union Circulars. Cambridge, US: Smithsonian Astrophysical Observatory. 2845. Besoek op 8 Januarie 2011.
- ↑ Synnott, S.P. (1980). "1979J2: The Discovery of a Previously Unknown Jovian Satellite". Science. 210 (4471): 786–788. doi:10.1126/science.210.4471.786. PMID 17739548.
- ↑ 20,0 20,1 "Gazetteer of Planetary Nomenclature". Working Group for Planetary System Nomenclature (WGPSN) (in Engels). U.S. Geological Survey. 7 November 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2009. Besoek op 2 Augustus 2008.
- ↑ 21,0 21,1 Marazzini, C. (2005). "The names of the satellites of Jupiter: from Galileo to Simon Marius". Lettere Italiane (in Italiaans). 57 (3): 391–407.
- ↑ Nicholson, Seth Barnes (April 1939). "The Satellites of Jupiter". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 51 (300): 85–94. doi:10.1086/125010.
- ↑ 23,0 23,1 Marsden, Brian G. (3 Oktober 1975). "Satellites of Jupiter". International Astronomical Union Circulars. 2846. Besoek op 8 Januarie 2011.
- ↑ 24,0 24,1 Satellites of Jupiter, Saturn and Uranus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2006. Besoek op 28 Augustus 2008.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp) - ↑ Anderson, J.D.; Johnson, T.V.; Shubert, G. (2005). "Amalthea's Density Is Less Than That of Water". Science. 308 (5726): 1291–1293. doi:10.1126/science.1110422.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Burns, J.A.; Simonelli, D. P.; Showalter, M.R. (2004). "Jupiter's Ring-Moon System". In Bagenal, F.; Dowling, T.E.; McKinnon, W.B. (red.). Jupiter: The Planet, Satellites and Magnetosphere. Cambridge University Press.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Burns, J. A.; Showalter, M. R.; Hamilton, D. P. (1999). "The Formation of Jupiter's Faint Rings". Science. 284: 1146–1150.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Canup, Robin M.; Ward, William R. (2002). "Formation of the Galilean Satellites: Conditions of Accretion" (PDF). The Astronomical Journal. 124 (6): 3404–3423. doi:10.1086/344684.
- ↑ 29,0 29,1 29,2 Sheppard, Scott S. "Jupiter's Known Satellites". Department of Terrestrial Magnetism at Carniege Institution for science. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2013. Besoek op 28 Augustus 2008.
- ↑ 30,0 30,1 30,2 30,3 Grav, Tommy; Holman, Matthew J.; Gladman, Brett J.; Aksnes, Kaare (2003). "Photometric survey of the irregular satellites". Icarus. 166 (1): 33–45. arXiv:astro-ph/0301016. Bibcode:2003Icar..166...33G. doi:10.1016/j.icarus.2003.07.005.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Sheppard, Scott S.; Jewitt, David C.; Porco, Carolyn (2004). "Jupiter's outer satellites and Trojans". In Fran Bagenal, Timothy E. Dowling, William B. McKinnon (red.). Jupiter. The planet, satellites and magnetosphere (PDF). Vol. 1. Cambridge, UK: Cambridge University Press. pp. 263–280. ISBN 0-521-81808-7. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2007. Besoek op 22 Julie 2012.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ 32,0 32,1 Sheppard, Scott S.; David C. Jewitt (5 Mei 2003). "An abundant population of small irregular satellites around Jupiter". Nature. 423 (6937): 261–263. doi:10.1038/nature01584. PMID 12748634.
- ↑ Spellings is, indien beskikbaar, verkry uit die ‘‘Sterrekundewoordeboek’’ Geargiveer 10 Mei 2021 op Wayback Machine van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, soos beskikbaar by VivA, of die ‘‘Lys Klassieke Eiename’’ van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Pharos Dictionaries, 1984. ISBN 978-0624020714. Andersins is dié woordeboeke gebruik om spellings af te lei.
- ↑ 34,0 34,1 34,2 34,3 34,4 34,5 34,6 34,7 Siedelmann P.K.; Abalakin V.K.; Bursa, M.; Davies, M.E.; de Bergh, C.; Lieske, J.H.; Obrest, J.; Simon, J.L.; Standish, E.M.; Stooke, P. ; Thomas, P.C. (2000). The Planets and Satellites 2000. IAU/IAG Working Group on Cartographic Coordinates and Rotational Elements of the Planets and Satellites. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 31 Augustus 2008.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
wysig- Jupiter Satellite Data
- Jupiter, and The Giant Planet Satellite and Moon Page
- Simulasie van Jupiter se mane Geargiveer 15 Januarie 2012 op Wayback Machine
- Animated tour of Jupiter's Moons Geargiveer 14 Januarie 2012 op Wayback Machine, University of Glamorgan
- Jupiter's Moons Geargiveer 6 Julie 2013 op Wayback Machine deur NASA's Solar System Exploration
- "43 more moons orbiting Jupiter" eerste verskyning in 2003 in die San Francisco Chronicle
- Articles on the Jupiter System in Planetary Science Research Discoveries
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jupiter se natuurlike satelliete.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia