Kampioenetrofee 2000

(Aangestuur vanaf Kampioentrofee 2000)

Die Kampioenetrofee 2000 (Engels: 2000 ICC KnockOut Trophy) is van 3 tot 15 Oktober 2000 in Kenia beslis. Dit was die tweede Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste vername kriekettoernooi in Kenia. Destyds is na dié toernooi as die Uitkloptrofee 2000 (KnockOut Trophry 2000) verwys, maar sedert die 2002-toernooi staan dit as Kampioenetrofee bekend.

Kampioenetrofee 2000
Datums 3 Oktober – 15 Oktober
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Uitklopfase
Gashere Vlag van Kenia Kenia
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Indië Indië
Deelnemers 11
Wedstryde gespeel 10
Meeste lopies Vlag van Indië Sourav Ganguly (348)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Indië Venkatesh Prasad (8)[2]
1998
2002

Elf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2000 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die voorste assosiaatlid Bangladesj en die gasheer Kenia. Aangesien die toernooi net uit die uitklopfase bestaan het, moes die ses laagste spanne in die ranglys om die agste plek speel. Vervolgens het in die voorwedstryde Kenia teen Indië, Sri Lanka teen Wes-Indië en Bangladesj teen Engeland gespeel. Indië, Sri Lanka en en Engeland het hul onderskeidelike wedstryde gewen en en sodoende hul plekke in die kwarteindrondte bespreek. Al agt wedstryde is op die Gymkhana Klubveld in Nairobi gespeel.

Die vyf beste spanne van die Krieketwêreldbeker 1999 het regstreeks tot die uitklopfase gevorder, terwyl die ses laagste spanne van die 1999-toernooi in die voorwedstryde om die laaste drie plekke vir die uitklopfase moes speel. Vervolgens het Australië, Pakistan, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Zimbabwe tot die uitklopfase gevorder, terwyl Indië, Sri Lanka en Engeland tot die uitklopfase gevorder het nadat hulle in hul onderskeidelike voorwedstryd onderskeidelik Kenia, Wes-Indië en Bangladesj geklop het. In die eindstryd het Nieu-Seeland Indië met vier paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel ingepalm. Die verdedigende kampioen Suid-Afrika is in die halfeindrondte uitgeskakel.

ToewysingWysig

Die Internasionale Krieketraad het Kenia as gasheer vir die Kampioenetrofee 2000 aangewys ten einde krieket te bevorder in dié land. Dit was die eerste kriekettoernooi wat geheel en al in Kenia beslis is.

DeelnemersWysig

Die destydse nege toetsnasies het vir die Kampioenetrofee 2000 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Daarbenewens het Bangladesj en Kenia, wat destyds oor EDI-status beskik het, vir dié toernooi gekwalifiseer.[3]

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
  Australië Volle lede Tweede 1998 8ste plek (1998)
  Engeland Tweede 1998 5de plek (1998)
  Indië Tweede 1998 3de plek (1998)
  Nieu-Seeland Tweede 1998 7de plek (1998)
  Pakistan Tweede 1998 6de plek (1998)
  Sri Lanka Tweede 1998 4de plek (1998)
  Suid-Afrika Tweede 1998 Kampioen (1998)
  Wes-Indië Tweede 1998 Naaswenner (1998)
  Zimbabwe Tweede 1998 9de plek (1998)
  Bangladesj EDI-status Eerste Debuut
  Kenia Eerste Debuut

StadionsWysig

Die Kampioenetrofee 2000 is op die Keniaanse Gymkhana Klubveld gespeel. Altesaam tien wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 1998 gespeel, waaronder die voorwedstryde en die uitklopfase.

Nairobi
Gymkhana Klubveld
1°16′12″S 36°49′38.5″O / 1.27000°S 36.827361°O / -1.27000; 36.827361 (Gymkhana Klubveld)
Kapasiteit: 7 000
Kampioenetrofee 2000 (Kenia)

KalenderWysig

Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2000 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op die voorwedstryd en ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Uitklopfase
Oktober
Di
3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Uitklopfase 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Verklaring

   Voorwedstryd

   Uitklopfase

   Eindstryd

WedstrydeWysig

Die Kampioenetrofee 2000 het direk met die uitklopfase begin en al die destydse toetsnasies saam met die voorste assosiaatlid Bangladesj en die gasheer Kenia het daaraan deelgeneem. Dus kon elf spanne aan die toernooi deelneem wat beteken het dat ses spanne in ’n voorwedstryd moes speel om die laaste agt spanne te bepaal. Die voorwedstryde is tussen die ses laagste spanne van die Krieketwêreldbeker 1999 beslis, terwyl die vyf beste spanne van die 1999-toernooi regstreeks tot die uitklopfase gevorder het.

VoorwedstrydeWysig

3 Oktober 2000

Telkaart
  Kenia
208/9 (50 boulbeurte)
t
  Indië
209/2 (42.3 boulbeurte)
Ravi Shah 60 (93)
Zaheer Khan 3/48 (10 boulbeurte)
Rahul Dravid 68 (87)
Maurice Odumbe 1/18 (4 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Dave Orchard (RSA)
Speler van die wedstryd: Anil Kumble (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Vijay Dahiya, Zaheer Khan en Yuvraj Singh (almal Ind) het hul EDI-debuut gemaak.
  • Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
4 Oktober 2000

Telkaart
  Sri Lanka
287/6 (50 boulbeurte)
t
  Wes-Indië
179 (46.4 boulbeurte)
Avishka Gunawardene 132 (146)
Mervyn Dillon 2/46 (10 boulbeurte)
Laurie Williams 41 (59)
Nuwan Zoysa 3/34 (7 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 108 lopies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) en Peter Willey (Eng)
Speler van die wedstryd: Avishka Gunawardene (SL)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Kerry Jeremy en Marlon Samuels (albei WI) het hul EDI-debuut gemaak.
  • Sri Lanka vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
5 Oktober 2000

Telkaart
  Bangladesj
232/8 (50 boulbeurte)
t
  Engeland
236/2 (43.5 boulbeurte)
Javed Omar 63 (84)
Mark Ealham 3/48 (10 boulbeurte)
Nasser Hussain 95 (120)
Mohammad Rafique 1/43 (10 boulbeurte)
Engeland wen met agt paaltjies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Darrell Hair (Aus) en Dave Orchard (RSA)
Speler van die wedstryd: Alec Stewart (Eng)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Engeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.

UitklopfaseWysig

Kwarteindstryd Halfeindstryd Eindstryd
                   
8 Oktober – Nairobi        
   Sri Lanka  194
11 Oktober – Nairobi
   Pakistan  195/1  
   Pakistan  252
9 Oktober – Nairobi
     Nieu-Seeland  255/6  
   Nieu-Seeland  265/7
15 Oktober – Nairobi
   Zimbabwe  201  
   Nieu-Seeland  265/6
7 Oktober – Nairobi
     Indië  264/6
   Indië  265/9
13 Oktober – Nairobi
   Australië  245  
   Indië  295/6
10 Oktober – Nairobi
     Suid-Afrika  200  
   Engeland  182
   Suid-Afrika  184/2  
 

KwarteindrondteWysig

7 Oktober 2000

Telkaart
  Indië
265/9 (50 boulbeurte)
t
  Australië
245 (46.4 boulbeurte)
Yuvraj Singh 84 (80)
Shane Lee 2/31 (10 boulbeurte)
Ricky Ponting 46 (59)
Zaheer Khan 2/40 (10 boulbeurte)
Indië wen met 20 lopies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Yuvraj Singh (Ind)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
8 Oktober 2000

Telkaart
  Sri Lanka
194 (45.4 boulbeurte)
t
  Pakistan
195/1 (43.2 boulbeurte)
Sanath Jayasuriya 39 (41)
Wasim Akram 3/40 (7.4 boulbeurte)
Saeed Anwar 105 (134)
Sanath Jayasuriya 0/16 (3 boulbeurte)
Pakistan wen met nege paaltjies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Dave Orchard (RSA) en Peter Willey (Eng)
Speler van die wedstryd: Saeed Anwar (Pak)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
9 Oktober 2000

Telkaart
  Nieu-Seeland
265/7 (50 boulbeurte)
t
  Zimbabwe
201 (42.2 boulbeurte)
Roger Twose 85 (111)
Henry Olonga 3/58 (9 boulbeurte)
Stuart Carlisle 67 (92)
Paul Wiseman 4/45 (9.2 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 64 lopies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Roger Twose (NZ)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
10 Oktober 2000

Telkaart
  Engeland
182 (44.1 boulbeurte)
t
  Suid-Afrika
184/2 (39.1 boulbeurte)
Graeme Hick 65 (68)
Shaun Pollock 3/27 (9.1 boulbeurte)
Jacques Kallis 78 (110)
Craig White 1/40 (8.1 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met agt paaltjies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Darrell Hair (Aus) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind)
Speler van die wedstryd: Jacques Kallis (RSA)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Paul Grayson (Eng) het sy EDI-debuut gemaak.

HalfeindrondteWysig

11 Oktober 2000

Telkaart
  Pakistan
252 (49.2 boulbeurte)
t
  Suid-Afrika
255/6 (49 boulbeurte)
Saeed Anwar 104 (115)
Shayne O’Connor 5/46 (9.2 boulbeurte)
Roger Twose 87 (101)
Azhar Mahmood 4/65 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vier paaltjies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Dave Orchard (RSA) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Shayne O’Connor (NZ)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
13 Oktober 2000

Telkaart
  Indië
295/6 (50 boulbeurte)
t
  Suid-Afrika
200 (41 boulbeurte)
Sourav Ganguly 141* (142)
Allan Donald 2/34 (10 boulbeurte)
Mark Boucher 60 (77)
Zaheer Khan 2/27 (5 boulbeurte)
Indië wen met 95 lopies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Peter Willey (Eng)
Speler van die wedstryd: Sourav Ganguly (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

EindstrydWysig

15 Oktober 2000

Telkaart
  Indië
264/6 (50 boulbeurte)
t
  Nieu-Seeland
265/6 (49.4 boulbeurte)
Sourav Ganguly 117 (130)
Scott Styris 2/53 (10 boulbeurte)
Chris Cairns 102* (113)
Venkatesh Prasad 3/27 (7 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vier paaltjies
Gymkhana Klubveld, Nairobi
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Chris Cairns (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.


Kampioenetrofeewenner 2000
  Nieu-Seeland

StatistiekWysig

Meeste lopies en paaltjiesWysig

Meeste lopies:[1]
Naam Lopies
1   Sourav Ganguly 348
2   Saeed Anwar 209
3   Roger Twose 203
4   Sachin Tendulkar 171
5   Rahul Dravid 157
Meeste paaltjies:[2]
Naam Paaltjies
1   Venkatesh Prasad 8
2   Azhar Mahmood 7
  Zaheer Khan
4   Anil Kumble 6
5   Shayne O’Connor 5

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Records / ICC KnockOut, 2000/01 / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Desember 2022.
  2. 2,0 2,1 (en) "Records / ICC KnockOut, 2000/01 / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Desember 2022.
  3. (en) Zahid Newaz (21 September 1999). "Bangladesh, Kenya admitted to next ICC knockout". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Desember 2022.

Eksterne skakelsWysig


Kampioenetrofee  

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029